Godsdiens-moets

  • 0

Thomas gebruik ’n manlike penis-metafoor vir godsdiens wat nie in sy kinders se kele afgedruk moet word nie.
 
Sy punt is: (mans) moenie godsdiens in die openbaar "uitpluk" nie, maar dit privaat hou.
 
Akkoord. 
 
Maar wat dan van ander godsdienste in Westerse state, ook in Suid-Afrika, wat in die openbaar invloed en mag uitoefen, kompleet met wette, sanksies, ononderhandelbare heilige koeie, propagerende priesters, en gesagvolle gode?
 
Godsdienste soos: 

  • die grondwet (die grondwet het hoogste gesag, soos gode, in hierdie geval onverkose regters en onverkose grondwetgewende vergadering)
  • staatsbelasting (die betaling daarvan as die eerste en grootste gebod)
  • SEB - Swart Ekonomiese Bemagtiging (ononderhandelbaar en afdwingbaar)
  • geskiedenismonopolie (die heersende party of seevierende staatsorde kies die aanvaarbare geskiedenisfeite, en bepaal goed en kwaad)

 
Bostaande openbare aangeleenthede het al die eienskappe van ’n godsdiens, en ongeloof daarin is sanksioneerbaar, want dit is vir die staat en sy leier ’n saak van lewe en dood.
 
Vandaar my godsdiens-moets:

  • jy moet erken dat daar baie openbare gode-dienste is, en dat elke staat hulle het.
  • jy moet erken dat hierdie godsdienste in ons en ons kinders se kele afgedwing word.
  • jy moet erken dat jy ook aan hierdie godsdienste meedoen.

 
Godsdienstige groete mede-broeder
Ran Doodt

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top