Homoseksualiteit is ’n gegewe vanaf die menslike ontstaan. Sedert die ontstaan van opgetekende geskiedenis, is melding van homoseksuele dade genoem.
Hiermee bedoel ek nie “gay” in die moderne sin nie, maar dat homoseksualiteit vanaf ’n mindere tot ’n grotere mate, deel van die heteroseksuele gemeenskap se seksspyskaart gevorm het, hetsy vanaf ’n enkele voorval tot meer gereelde voorvalle oor ’n persoon se leeftyd. Die uitsluitlike homoseksuele persoon was altyd, net soos vandag, ’n minderheid in die samelewing. Dieselfde geld vir die uitsluitlike heteroseksuele persoon.
In baie gevalle was dit deur sekere gemeenskappe aangemoedig vir ’n spesifieke doel, soos die geval was met die antieke Grieke onder vele ander gemeenskappe, waar ’n puberteit seun met ’n jong voor getroude man in ’n verhouding moes verkeer, sodat die puberteit seun ’n “vakleerling” van die ouer persoon geword het in beroep en oorlogvoering. Later was van die ouer persoon verwag om te trou, en vervang die seun op sy beurt sy voorganger se rol, met ’n nuwe inskrywing wat hy op sy beurt moes oplei. In weermags-eenhede soos bv die bekende Spartane en Thebans-voorvalle, was kameraad-verhoudings aangemoedig, waar seks tussen die twee nie uitgesluit was nie, vir motivering ten doel dat gedurende die geveg, die een nie die ander weens lafhartigheid in die skande steek nie. Selfs as getroude mans, was homoseksualiteit op die spyskaart beskikbaar, sonder om enige wenkbroue te laat lig.
Weens die aard van die samelewing, was daar altyd die vereiste dat almal uiteindelik vrou moes vat vir doeleindes om ’n nageslag te wek vir die voorbehoud en uitbreiding van die nasie of stam. Selfs van uitsluitlike homoseksuele persone was verwag om te trou, en indien dit nie bo ’n afsny ouderdom, meestal 30, geskied het nie, was daar swaar strawwe opgelê.
Onder die Germane was die konsep van “manlikheid” tot die uiterste limiete gevoer, eintlik verafgod, (Thor, die oor-gespierde god met die slaghamer) sodat enige vorm van openbare emosies soos bv trane of uitskree in pyn, as nie-manlik beskou is. Homoseksualiteit was geduld, solank jy jou manlikheid behou het om nie gepenetreer te word nie. Die wat gepenetreer was, is verewig daarna as onmanlik en met skande bejeën. Gedurende oorlogvoering, het die Germane die verslane mans verkrag, om sodoende hulle van hulle “manlikheid” te ontneem en vir altyd in die skande te steek. Die uitsondering onder die Germane was die Heruli, wat soos die antieke Grieke seksuele weermagskameraad verhouding gekweek het en vir dieselfde doel.
Onder die getroude Kelte, was openbare orgies tussen mans ’n gereelde verskynsel “Aristotle stated that the Celts esteemed homosexuality."[49] In addition, Diodorus Siculus wrote in the first century B.C., "The men are much keener on their own sex; they lie around on animal skins and enjoy themselves, with a lover on each side. Furthermore, this isn't looked down on, or regarded in any way disgraceful."[50] (History of homosexuality)
Eers na vele millennium in die menslike geskiedenis, verskyn die Joodse god skielik op die toneel, en die besluit dat daar te veel menswees onder die mense is en het besluit om sy menswees in te perk met vele Levitiese wetgewing en swaar strawwe vir enige ongehoorsaamheid daaraan, oa homoseksuele dade.
Vanaf ’n piepklein onbenullige stamgod, groei Jahova se ondersteuning mettertyd wêreldwyd. Almal, of jy jou voor hom vrywillig neerbuig of nie, moet nou aan sy wil gehoorsaam wees, en sy gesante is orals om vel toe te sien dat dit wel gebeur. Mettertyd en na vele millenniums se ywerig en wrede vervolging van die wat die daad pleeg, kom daar opstand en word die militante gay-beweging uiteindelik gebore. Ten spyte aan aanvanklike weerstand, val die een land na die ander onder die gay aanslag, om verdraagsaamheid teenoor homoseksualiteit te verseker.
In teenstelling met ’n leer wat ’n aanslag op ’n land maak, is die gay beweging ’n wakkerskrik wekroep onder die homoseksuele burgery wat ondergronds altyd daar was sedert die Joodse god sy verskyning op die menslike toneel gemaak en hulle onderdruk het.
Nie soos ander volke wat deur nasate aangevul word nie, is gaywees ’n normale uitvloeisel van menslike seksuele gedrag. Sodra die “mindset” van die gemeenskap verander tot wat dit was voor die Jehova verskynsel, sal die gay beweging vanself uitsterf, gesien dit dan net as ’n seksuele gedragsvorm van menswees gesien sal word, hetsy uitsluitlik, gereeld, ongereeld of glad nie be-oefen word nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Die Abrahamitiese Midde-Oosterse godsdienste bestaan al iewers tussen 2000 en 5000 jaar lank.
Hoe lank het die Keltiese of Griekse gelowe bly voortbestaan? Is dit blote toeval dat die Christelike kerk vir eeue lank voorbehoeding as sonde beskou het, en mense aangemoedig het om kinders te hê?
Miskien is 'n oormaat gayseks 'n resep vir die ineenstorting van 'n beskawing.
Met sulke logika, wie het logika nodig
Jaco Fourie
Volgens die groot Franse en Duitse filosowe van die agtiende- en negentiende- eeue, en helderdenkende mense van hede is die Abrahamitiese Midde-Oosterse godsdienste die grootse katastroof wat die mensdom nog getref het: die drie-eenheid van die Joodse-Christelike-Islam godsdienste wat sedert hulle ontstaan bitter vyande van mekaar is.
"Miskien is n oormate gayseks ´n resep vir die ineenstorting van 'n beskawing". Die skrywer gee hiermee te kenne dat daar 'n oormate van sg heteroseksuele mans wat baie vatbaar vir gayseks sou wees, en dus is die sg afkeur daarin nie inherent aan die mens nie, maar moet van buite af kom in die vorm van' n godsdiens wat dit afdwing.
Pieter Redelinghuys
Laat ek die twee reaksies op my kommentaar as volg opsom:
Jaco - probeer nie eens om my punt te weerlê nie, speel die man ipv die bal (en gegewe onse Jaco se voorkeure, is ons verbaas, bwa-ha-ha!)
Pieter - plaas woorde in my mond.
Ag, foei.
JvNk
Sorry! Ek het jou opmerking als sarkastiese tussenwerpsel gelees, en nie besef jy is erngstig nie. Ongelukkig moet ek na Heilbron toe deurskiet, en wanneer ek terugkom sal ek poog om jou te beantwoord.
Jaco Fourie
JnVnK
Vraag: “Die Abrahamitiese Midde-Oosterse godsdienste bestaan al iewers tussen 2000 en 5000 jaar lank”.
My antwoord: Abraham het gelewe omtrent 2000 vC, dws omtrent 4013 jaar gelede. Die 10 Gebooie in klip (bestaan nie meer nie) eers omtrent 500jr na Abraham is dit geproklameer, intussen was die ouer (heidense) wette van Hammurpi ook in klip (bestaan nog), omtrent 300 jaar ouer as die 10 gebooie in redelike algemene gebruik in die Midde Ooste.
Vraag: “Hoe lank het die Keltiese of Griekse gelowe bly voortbestaan”?
My antwoord: Nie naastenby so lank in vergelyking met die Jehova godsdiens nie.
Vraag: “Is dit blote toeval dat die Christelike kerk vir eeue lank voorbehoeding as sonde beskou het, en mense aangemoedig het om kinders te hê?”
My antwoord: Voorbehoeding was van sy aanvang tot die hede ‘n sonde in terme van die Bybelse siening. Onan, Judah se een seun is deur god met ‘n bliksemstraal gedood toe hy sy penis van die vagina onttrek het en sy saad op die grond laat uitspuit (coitus interuptus). Die Bybel se opdrag is “wees vrugbaar en vul die aarde”. Katolieke is omtrent die enigste godsdiens vandag wat ‘n verbod op voorbehoeding het.
Seks was deur god toegelaat tesame met ‘n klomp “taboo’s”. Jy mag dit doen en jy mag dit nie doen nie. Bv Seks was verbode oor die termyn van menstruasie.
Stelling?: “Miskien is 'n oormaat gayseks 'n resep vir die ineenstorting van 'n beskawing”.
My antwoord: Indien jy betroubare, objektiewe bronne kan kwoteer om dit te kan staaf, doen so gerus, want ek weet van geen nie.
Jaco Fourie
Waar die hart van vol is, loop die mond van oor — ’n mens is geneig om baie te praat oor dié dinge waaraan jy baie dink. Die woord 'gay' klink natuurlik baie beter as homoseksueel, net soos 'pre owned cars' beter klink as 'second hand cars.'
FC Boots
Pleks van tussenwerpsels, probeer hierdie en ander onderwerpe logiese redeneer indien jy voel jy is daartoe opgewasse, of bly liewer stil om sodoende nie jou onkunde ten toon te stel nie. Jy het nou net 'n onvolwasse vooroordeel aan jou kant uitgewys
Jaco Fourie.
Godsdiens die skepper van gay bewustheidsbeweging
Onder die onderwerp pos ek die volgende: “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor — ’n mens is geneig om baie te praat oor dié dinge waaraan jy baie dink. Die woord 'gay' klink natuurlik baie beter as homoseksueel, net soos 'pre owned cars' beter klink as 'second hand cars.'
Jaco reageer soos volg op die volgende: ‘Pleks van tussenwerpsels, probeer hierdie en ander onderwerpe logiese redeneer indien jy voel jy is daartoe opgewasse, of bly liewer stil om sodoende nie jou onkunde ten toon te stel nie. Jy het nou net 'n onvolwasse vooroordeel aan jou kant uitgewys.’
Hy vra dus dat ‘n mens logies, dws volgens die logika oor die onderwerpe moet redeneer. In die tweede paragraaf maak hy die volgende stelling: “Die uitsluitlike homoseksuele persoon was altyd, net soos vandag, ’n minderheid in die samelewing." Hiermee kan ‘n mens saamstem, maar dan voeg hy by “Dieselfde geld vir die uitsluitlike heteroseksuele persoon”.
Die stelling impliseer dus dat alle heteroseksuele persone een of ander tyd in hul leeftyd hul ook skuldig maak aan homoseksuele dade, want suiwer heteroseksuele persone is in die minderheid.
Of Jaco hiermee tekene gee dat die meerderheid heteroseksuele mans ook maar anale seks met hul vrouens het en dus nie hul neus vir mans moet optrek nie is nie duidelik nie. (Hoe logies is die gevolgtrekking?)
Dus gryp en vergryp die meerderheid heteroseksuele mans hulself een of ander tyd aan ander mans en dit geld dan uit die aard van die saak ook vrouens. Jaco probeer dan dit aan die hand van verskillende voorbeelde dit bewys.
Waar hy die snert uitkrap sal net hy weet. Dit is ‘n belediging vir miljoene mans en ek is seker ook vrouens wat gril by die gedagte. Waarom het ek die opmerkings gemaak?
Ek wou daarmee aantoon dat ‘n mens dikwels agter woorde die werklike toedrag van sake kan wegsteek. Ek veroordeel nie homoseksuele mense nie maar dan moet hul nie probeer bewys dat die lewenswyse natuurlik is.
Die verhoudings is nie die norm in die natuur nie, daarom is dit onnatuurlike verhoudings. Dit bly dus maar ‘Adam and Eve’ en nie ‘Adam and Steve’ wat die voortbestaan van mens verseker.
FC Boot
Jou tweede voorlegging kan als "rebuttal" gesien word. Jou eerste stelling suiwer 'n tussenwerpsel. Ek het meer waardering vir jou "rebuttal" als tussenwerpsel, terwyl eersgenoemde nie objektief voorkom nie.
My stelling van "uitsluitlik heteroseksueel 'n minderheid asook vir homoseksueel" is gebaseer op Freud se bevindings asook ander daaropvolgende sexuologists, die dat ek geskryf het: "hetsy vanaf ’n enkele voorval tot meer gereelde voorvalle oor ’n persoon se leeftyd" mbt heteroseksuee asook homoseksueel. Hierdie seksologists se bevindinge is op 'n skaal van bv 1 tot 7 waar 4 die middelpunt bi-seksualiteit voorstel, eweredig homo en heteroseksueel. Vanaf 3 tot 1 vanaf bi tot uitsluitlik homoseksueel, met 'n wisseling van baie tot geen neiging tot homosekualiteit in hierdie indeling onder bi's. Vanaf 5 tot 7, waar bi's in hierdie groep wisselend van baie tot uitsluitllik heterosekualiteit neig.
Jy skryf: "daarom is dit onnatuurlike verhoudings" Hiermee veronderstel ek jy bedoel beide bi-seksueel asook homoseksueel. Hierdie stelling strook nie met gedokumenteerde navorsing met betrekking tot beide homo en bi-seksualiteit nie.
Nietemin. Dankie vir jou respons, wat ek amper nie raak gelees het nie, weens die vele ander response oor ander onderwerpe wat daarop gevolg het.
Jaco Fourie