God is ’n blues-musikant
Ek dink Christene misgis hulself totaal
Hulle dink die Here is ’n ou wit oom op ’n troon met ’n baard
God is ’n blues-musikant, en ek wil ook een wees
REFREIN:
God is ’n blues-musikant
God is ’n blues-musikant
en ek wil ook een wees
Die blues wil niks hê nie
Vir die blues is daar nie verkeerd of reg nie
Die blues is nie in die kerk nie
en as jy nie luister nie is die blues niks werd nie
REFREIN
Mense skep verwagtinge van volmaaktheid
en hulle skep idees van perfek wees
En mense is altyd spyt
want hulle stel hulself teleur
God is ’n blues-musikant
Die blues bly in jou hart
REFREIN
My LO-onderwyser het gesê my beste is goed genoeg
(Net as jou beste die beste is)
Ek is na ’n lewe van hoë standaarde en tekortkominge verdoem
(Ek kom te kort, gereeld, beslis)
Dis hoekom God ’n blues-musikant is
want ek is goed genoeg vir die blues
REFREIN (x2)
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


