"Glo wat jy sien" deur Marizanne Pienaar

  • 0

Glo wat jy sien

Hier sit ek alweer
en dink by myself
Wat is geluk? Wat is waarheid?
Wie is ek en wat doen ek?

Onthou jy nog die tye
waar ons vir ure in die parkie gesit het
en net gepraat het?

BRUG:
Is jy nog daai persoon?
Die een waarop ek my hart verloor het?

KOOR:
As ek maar net geweet het
Soms is dit goed om bang te wees
Dis ok om soms jouself te verloor
Jy’s net mens en kleure oorweldig jou
Glo wat jy sien

Ek vind myself in Van Riebeeckshof
Waar ek my hart verloor het en nooit
weer gaan haal het nie
Ons dink te veel en die lewe gaan by
ons verby
Ons is jonk, passievol en
avontuurlustig

BRUG:
Is jy nog daai persoon?
Die een waarop ek my hart verloor het?

KOOR

BRUG:
Is jy gelukkig in jou daaglikse roetine?
Of wag jy vir beter dae?
Ons raak verlore in spierwit ligte en
gemanipuleer deur rooi voorwerpe
Die tyd is nou en nou gaan ons aksie vat

KOOR

Niemand anders behalwe jy bepaal
jou geluk nie
Moenie jouself verander om groepsdruk
te weerspieël nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top