"Glo in liefde" deur Morne Niemand

  • 0

As die wêreld nou moes stil staan
Sal ek jou vas hou tot als vergaan
As jy nou moes gaan lê
Is ek langs jou en ek se my sê
Want jy is anders, ’n prinses
Vanaand vergeet ons van die res

Sal jy my leer wat liefde is?
Want in ons jeug is dit uitgewis
Gaan jy my leer om te vertrou?
Want glo my ek wil van jou hou ,van jou hou

As almal teen ons gaan wees
Leer ons om vir mekaar te leef
As beloftes gaan breek
Moet ons besef dit is verkeerd
Want ons is, vir mekaar
Laat die res maar aanhou staar

Sal jy my leer wat liefde is?
Want in ons jeug is dit uitgewis
Gaan jy my leer om te vertrou?
Want glo my ek wil van jou hou van jou hou

Jy is vir my gemaak
Deur jou oë is ek omgepraat
Ek kort jou nou!
Net vir jou!

Sal jy my leer wat liefde is?
Want in ons jeug is dit uitgewis
Gaan jy my leer om te vertrou?
Want glo my ek wil van jou hou dalk word jy nog my vrou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top