Glo
Sal jy my glo as ek sê als gaan okay wees?
Sal jy my glo as ek sê ons gaan oorleef?
Sal jy my glo as ek sê ek wil net daar wees
en met jou in my lewe leef?
Sal jy my glo as ek sê ek mis jou?
Sal jy my glo as ek sê ek verlang?
Sal jy my glo as ek sê ek wil jou net sien
al maak dit my effentjies bang?
Sal jy my glo as ek sê eendag is naby?
Sal jy my glo as ek sê dat tyd vlieg?
Sal jy my glo as ek sê ek kom kuier?
Want hoekom sal ek vir jou wil lieg?
Sal jy my glo as ek sê jy is special?
Sal jy my glo as ek sê jy is great?
Sal jy my glo as ek sê jy is amazing?
Want dis vir seker ? feit
Sal jy my glo as ek sê jy maak my happy?
Sal jy my glo as ek sê jy maak my smile?
Sal jy my glo as ek sê jy maak my dag?
Al praat ons net once in a while
Sal jy my glo as ek sê hierdie is net vir jou?
Sal jy my glo as ek sê dis als waar?
Sal jy my glo as ek sê ek bedoel dit?
Want glo my, ek wens ek was daar
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


