"Gister, vandag en een dag op 'n slag" deur Wesley Conradie

  • 0

Gister, vandag en een dag op 'n slag

Ek wil so graag my hart wys
maar ek sukkel om dit neer te skryf
Ek delf diep in my verlede
en al die donker hoekies van my lewe

Ek soek die lig in die donker
die waarheid in die wonder
Maar ek probeer te hard
en het die pad byster geraak

REFREIN:
Al wat tel is die hier en nou
en die toekoms wat ek bou
Al wat saak maak is die kondisie van my hart
en die verskil wat dit kan maak

Ek’s opsoek na die beter ek
Verkeerde tyd, verkeerde plek
Dit is als reeds ontdek
Ek het reeds als wat ek nodig het

Die tyd het aangebreek
Ek moet aanbeweeg
Ek moet van die verlede vergeet
Ek moet dankbaar en tevrede wees

 Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top