Gister en vandag

  • 5

Foto: Canva

 

Gister en vandag

Vandag, 
Die klein steentjie sit verbrokkel in my hand
En daar is nie troos nie
Soms is stukkend net te seer
Al skryf ons woorde in die sand

Vandag moet ek self kop oplig
Gordyne hang
Kaalvoet in die tuin
My eie skoenlapper vang

Ek knip die nuwe lap
Ryg die gare
Steek die naald dieper
Stik die blom en die blare

Vandag

In my tuin
In my stoel
Maak ek my eie gate heel
En loer deur die vensters
Waar gister sprokies steel

  • 5

Kommentaar

  • Met elke gedig wat ek van Catherine JvR lees, verwonder ek my aan haar beeldgebruik om unieke gedagtes voort te bring.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top