Gilgamesh en die skepping

  • 3

Chris,

Maar onthou dat dit vir jou gevaar inhou om veronderstellings oor sake Gods te maak – veronderstellings sonder basiese vaardigheid (in dié geval, Spiritualiteit en Spirituele Intelligensie) is niks werd nie.

Genesis 1 vers 1 sê dat God aan die begin die Hemel en die aarde gemaak het – daardie begin verwys na hierdie sonnestelsel soos ons dit vandag ken en waarin ons leef en wat vir ons ter sake is. God het dit uit niks gemaak nie, ja, behalwe energie, want God is die Bron van álle energie en daardie Energie, wat deur God se Woord aanwending vind, is dus die begin en die einde van alles – God is dus die Begin en uit God alle dinge wat ons ken en van weet;

Tussen vers 1 en 2 verloop tyd, hoeveel weet ons glad nie. Dit is ook nie relevant nie, want al wat God op hierdie stadium vir doeleindes van Sy openbaring oor die skepping aan ons wil bekend maak, is dat God die Skepper is (neem kennis, Chris!). Wat ons weet, is dat die aarde vóór vers 2 dus wel bestaan het en wél vooraf lewe op had en dat dié uitgewis is en met water oordek was (Openbaring 12) en dat die aarde woes en leeg was van enige lewe teen die tyd dat God die aarde weer kom voorberei het vir nuwe lewe – die proses wat baie kripties in Spirituele formaat in vers 2 beskrywe word. Ons weet ook nie hoe lank dié voorbereidingsproses geduur het nie en kon selfs baie lank geduur het – onthou dat juis alle lewe soos ons dit ken op aarde, opnuut uit die aarde geformeer is (aardelemente, ens.) - die proses wat vermeld word in Genesis 1 en 2. Die “lig” in Genesis 1 vers 3 is juis die opdraggewing aan die Woord (wat “Lig” genoem word – Johannes 1:1-5) om vaardig te raak, in die vorm van  lewegewende energie, want deur en tot die Woord ontstaan álles en word álles geskep deur lewegewende prosesse wat reeds deur die Krag van die Woord (Gees van God – Efesiërs 6:17) gevestig is soos in vers 2 vermeld – daardie voorbereidende vestiging van God se lewegewende Gees. Die daaropvolgende skeppingsdae is gewoon die afronding van dit wat reeds in vers 2 voorberei is, die Woord in Skeppingsaksie.

Wat die ander skeppingsverhale in die sogenaamde antieke wêreld aanbetref, het ek al dikwels gesê – dié is oorblyfsels gemeng met versinsels van afvallige volkere uit hulle besondere kulture wat elemente van die skepping uit oorlewering ontvang het, maar van voorvaders wat weens afvalligheid en verwaandheid en selfbeheptheid al meer en meer kontak met die Gees van God verloor het en dus hul eie versinsels in die baie gapings probeer invul het. Daarom dat geeneen van daardie antieke stories meer enige drakrag hê nie – vir ééue al nie meer nie. Vergelyk dit met ’n Chris Dippenaar tipe oorlewering oor die skepping wat oor ’n paar geslagte verder ’n totale gemors weerspieël, weens die Chris Dippenaar afvalligheid van God, teenoor die ware gelowige se oorlewering wat getrou bly aan die Waarheid, weens voortgesette kontak met die Skepper, Wie hom steeds aan die Waarheid bly herinner (Johannes 14:26 ).

Terloops, Chris, die bril van Spirituele insig is juis nié ’n donkerbril nie, maar ’n bril van helderheid en klaarheid – maar ek kan nogal dink waarom  jy dit ’n donkerbril sal wil noem, omdat so ’n ondeursigtige donker geestesbril ál is wat in jou verwysingsraamwerk bestaan – hoe weet ’n blinde dan die glans van lig? Al baie van gehoor, maar nog nie self gesien nie…

Groete,
Kobus de Klerk

  • 3

Kommentaar

  • Kobus, jou hele benadering is verwarrend omdat jy self nog nie mooi oor die sakie gedink het nie. Die skeppingsverhaal in die Bybel is ? mitologiese verhaal. As sodanig, kan niemand die gebeure soos daarin beskryf, betwis nie. Jy self vereis ook dat dit onbetwisbaar is, beroep jou selfs op “sake Gods”, m.a.w. jy verkies die beskerming van die mite. Dan, egter, hou jy dit as gebeure wat werklik plaasgevind het, m.a.w. dit is nie-fiksie. Dit is alles goed en wel, maar nóú is die skeppingsverhaal soos in die Bybel beskryf, onderhewig aan die weegskale van o.a. die geskiedskrywing en die wetenskap. Trouens, jy self maak ook gebruik van wetenskaplike teorieë soos energie wat omskep word in materie. Jy kan nou nie met vaaghede wegkom soos “God is die Bron van álle energie”, en “wat deur God se Woord aanwending vind, is dus die begin en die einde van alles – God is dus die Begin en uit God alle dinge wat ons ken en van weet” nie. Jy sal God wetenskaplik moet bewys, en verklaar hoe hy die bron van energie is.  As God die Begin was, wat was dan voor die Begin? Dit lyk my hier is nog ? filosofiese weegskaal ook ter sprake. (Sou dit nie maar beter wees om binne die mite weg te kruip nie? Arme God kry alreeds soveel slae!)

     
     Allerhande aannames soos: “Tussen vers 1 en 2 verloop tyd, hoeveel weet ons glad nie.” is te vaag. Miskien is dit jou teorie? Kan jy meer spesifiek wees? In die wetenskap maak ons gebruik van jaartellings soos deur die Rooms Katolieke kerk nog vir ons voorgeskryf. Ons sê iets het 200 duisend jaar voor Christus gebeur.  As gevolg van die wetenskaplike weegskaal sal jy darem ? idee moet gee wanneer hierdie tydperk was, en hoe lank dit geduur het.   
     
     Waarom is jy so seker dat hierdie God van wie jy praat is die skepper van alles? Jy kan nie vir my sê dit staan in die Bybel geskryf nie, want dan soek jy die beskerming van die mite, en jy glo mos dat alles werklik gebeur het.
     
     Nog ? vraag: as die skeppingsverhaal nie ? mite is nie, maar nie-fiksie, wie het al hierdie gebeure dan waargeneem as getuie sodat hy dit kon neerskryf? 
     
    Groete, 
     Angus
  • Chris Dippenaar

    Gedeeltes waarna jy hierbo verwys, net ingeval jy dalk nie geweet het nie, staan bekend as die teorie van 'catastrophism' wat deur George Cuvier (1769-1832) geformuleer is.

    Nes jou god skep jy uit niks, en dit was hoekom ek die 'vraag' oor die begin van Genesis aan jou gestel het, definitief nie om 'n gesprek te begin nie. Jou spirituele insig laat my dink aan die dae toe ek nog gesuip het. Niemand is slimmer as 'n dronkgat wat lus is vir stry.

  • Kobus de Klerk

    Chris,

    Smaak my jy weet nie so reg wat jy wil of nie… jy sê jy wil nie ’n gesprek met my begin nie, maar wat jy doen, weerspreek jou eie woorde. Kyk maar, daar is haas nie ’n brief of ’n kommentaar wat ek plaas, waar jy nie probeer om wél ’n gesprek met my te begin nie – maar só leer mens julle ken. Julle is net eenvoudig obsessief met God! Terwyl julle Hom met julle woorde verloën, natuurlik. Sien? Sê een ding maar doen gans anders – áltyd.

    En dan verwys jy na Cuvier hier en ’n ander dáár. Ek het nie ’n saak met Cuvier nie – ek  het my eie verstand, met insig as geskenk, én daar is hóéveel gelowiges wat ondersteuning bied, ook.

    So, dit is mos dan ook duidelik – as julle nie iemand anders kan papegaai nie, is julle verlore. Plaas dat jy darem mense met kennis van die onderwerp óók papegaai, laat jou bevooroordeeldheid jou dit nie toe nie – laat julle maar in ’n haglike posisie, nie waar nie?

    Nou, wie sê vir jou al die mense wat jy papegaai, weet waarvan hulle praat?

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top