Giftong

  • 0

Foto: Canva

Giftong

Waterslang, jy roep my nader
En al wat ek jou vra, is water
Jy toor my en soebat
Lek jou lippe
En bid
En ek glo
Jy glo dalk God is waar
Tot dit skerp punte maak
En gif drup in jou water
Jy giet dit in ’n goue kom
Jou silwer lyf gloei
Is jou Psalms vloeke?
Net as jy reguit kyk
Deur my
Die water stol
Ek maak met my tone nat
Hou my palm uit na jou
hoop jy kyk verby
Versag, vergewe
Maar lok tevergeefs
Die derde duiwel in jou hart
Kan ek wegglip
Dalk vergeet
Eens het jy vir my gefluister 
Al was dit gif
Waterslang
Jy roep my nader
En al wat ek vra
Is suiwer water

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top