Beste “koos sas"
Jy skryf: “Ek is nie seker hoekom jy enigsins ’n belang het in Praag se leserstal nie. Hulle is en bly irrelevant ...”
Die rede hoekom, is dat hulle probeer die indruk skep hulle is baie groter as wat hulle werklik is. Wanneer ek hulle eie syfers onthul, kry jy ’n reaksie soos onlangs van Praag-redaksie wat daardie illusie probeer voortsit, sonder om enige bewyse tot die teendeel voor te lê nie, behalwe dat verwag word dat hulle woord daartoe als genoegsame feite aanvaar behoort te word. Met die res van jou sentiment in jou brief is ek eens.
Die gemiddelde mensdom is geneig om met sy kop te dink wanneer dinge goed gaan, maar wanneer dinge vir hom sleg of bedreigend word, dink hy eerder met sy hart (emosies). Die onlangse voorbeeld van die heel suksesvolle Malema “march” wat werkloses in hul duisende in twee groot stede aan die beweeg gekry het vir die verkeerde redes. Vir Malema ’n toets-“march”. Volgende keer, weet hy nou, kan hy hierdie mense manipuleer tot ’n meer gevaarliker opstand. Selfs van die ANC-topbestuur het hom ondersteun uit vrees vir hulle bevoorregte posisies in die toekoms.
Praag en soortgelykes teer op Afrikaner ontevredenheid. Koelkop en logika ontbreek met emosionele opswepings as hulle modus operandi.
Die Duitse regering het die lastige klein “Nazi-kliek” als gekkegrensers afgemaak. Solank die Duitsers redelik gemaklik gelewe het, was die meerderheid negatiewes seining mbt die Nazi’s eenders. Met die gesamentlike gevolge daarna van die wêreldwye depressie asook die gebukkende oorlogreperasiebetalings, het dit vir die Duitse volk ondraaglik geword. Hitler met sy emosionele beloftes, baie waarvan hy later gestand kon doen, het vinnig emosionele steun onder die Duitse volk begin werf. Ons weet wat die daaropvolgende gevolge was.
Dieselfde met die AWB. Ook deur die regering “ge-poo-poo”. Met die terroriste skrikbewind, die Angola oorlog, sanksies, ens het die las gebukkende Afrikaner-ondersteuning vanaf die NP na die regtevleuel KP en HNP begin oorheul met die AWB as die blanke “Umkhonto-we-Sizwe”, met al hoe meer toenemende ondersteuning onder Afrikaners. 1994 het betyds gekom om alles te stuit, dis die dat hulle FW de Klerk verkwalik en hom “verraaier” etiketteer.
Ek verseker jou. Voel die gemiddelde Afrikaner enigsins dat hulle eiendom of lewens werklik in die gedrang is, pleks om koelkop te dink, gaan hulle in hulle duisende na hierdie gekkegrensers oorswaai. Praag en soortgelykes weet dit goed, dis die dat hulle hul propagandamasjien in volle rat het. Die DA is hulle grootste bedreiging, nie die ANC nie, want die ANC hoop hulle sal die katalisator wees om die klimaat te skep wat Afrikaners in hulle duisende na hulle toe sal laat oorhel.
In Amerika het hulle ’n “Right Wing Watch” (ook op die internet), wat al die doen en late van hulle gekkegrensers onthul. Met hulle onthullings hoop hulle om hul groei te probeer stuit, selfs te laat krimp, want hulle onderskat nie die gevaar wat hulle vir Amerika aanbied nie. In verhouding is hierdie gekkegrens baie meer kleiner as hier in SA, maar word nie onderskat nie.
Jaco Fourie

