
Foto van die kamera en die kerkgebou: Pexels.com
Ek wil graag ’n nuwe woord wat ek met die inperking begin gebruik het, onder julle aandag bring. Met die uitsending van preke en dienste weens die sluiting van kerkgeboue, het ek na my uitsending begin verwys as "kamerakerk".
Dink julle nie dis ’n beter woord as byvoorbeeld die frase "aanlyn uitsending" nie?
Ek hoop hierdie term kan gevestig word.
Groete, Dawie Ludick
Lees ook:


Kommentaar
Ek hou van die woord kamerakerk Dit is vir my baie beskrywend van wat kerke doen tydens die huidige pandemie
Absoluut beskrywend. Puik.
Ek hou ook baie van die nuutskepping. Dit is beskrywend en bondig en ek dink dit sal vinnig deur die deursnee persoon aanvaar en gebruik word. Ek vertrou saam met u dat dit gevestig sal word.
Ek dink dit is lui predikante wat "kamerakerk" hou, want bv in Hervormde kerk is houding dat jonger predikante nie kan "swaarkry" in bv karoo nie. Wonder as bv Jesus of appostels gesê het, hul wil nie hul swaarkry verduur nie of ons enige kerk sou gehad het?
Ek kan nie my pad oopsien om "tiende" te betaal tydens grendelstaat nie.
Hans, ek stem saam. Met jou Apostelperde deur die Karoo is wat dominee maar sal moet aanpak as hy die Oraniërs wil bekeer.
Angus, ons in Orania het wykkerk. Vir 9 gesinne en ook enkelinge, is dit duur om elke Sondag 100 of 120 km kerk toe te ry in Vanderkloof, waar die gebou is.
Kerk is tog die mense, wie saamkom.
Ons het 2 ou manlike predikante, 1 afgetrede professor van die kweekskool in Vanderkloof en 1 sendeling predikant wat ry vanaf Bloemfontein, so 1 of 2 keer per maand. Die manne het net die liturgie, nie al die hedendaagse politieke korrektheid nie.
Angus, ons kyk as wykkerk en daarom hoef ons seker nie tarief per kop aan die ring in Pretoria-Oos te betaal nie? Ons is dus roofkykers!
Kamerakerk en "roofkykers"? Ek wonder of dit sonde is, Angus?
Blykbaar betaal die kerk R50 vir elke aktiewe lid aan die ring, per diens. So, jy moet bydrae maak hiervoor en vir ander kostes in die kerk. Is die "Kamerakerk" se gevolg nie afleggings en personeelvermindering nie?
Wonder net ...