Gesogte ATKV-Woordveertjies vir presteerders se finaliste vir 2012 bekend

  • 0

Die tyd vir woorde en wenners is net om die draai wanneer die jaarlikse ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 14 September by Nooitgedacht net buite Stellenbosch aangebied word.

Tydens hierdie prestige-geleentheid word uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord bekroon. ’n Uitgesoekte groep gaste sal getrakteer word met spesiale spyse, pryse en woordvermaak.

Finaliste (alfabeties gelys volgens van) in die volgende kategorieë, sluit in:

ATKV-Prosaprys

  • Sirkusboere – Sonja Loots (Tafelberg)
  • 7 Dae – Deon Meyer (Human & Rousseau)
  • Wals met Matilda – Dan Sleigh (Tafelberg)

Prys vir Liefdesroman

  • Bloedwater – Douwleen Bredenhann (Human & Rousseau)
  • Kronkelpad – Irma Joubert (Tafelberg)
  • Huis van die wind – Sophia Kapp (LAPA Uitgewers)

Prys vir Poësie

  • Onversadig – TT Cloete (Tafelberg)
  • Visums by verstek – Joan Hambidge (Human & Rousseau)
  • Grond/Santekraam – Ronelda S Kamfer (Kwela Boeke)

Prys vir Romanses

  • Gelyke vennote – Marie-Louise Cronjé (LAPA Uitgewers)
  • Donker sjokolade vir dokter Daniel – Amelia Strydom (Malan Media)
  • Droomdokter – Amelia Strydom (Hartklop)

Prys vir Spanningslektuur

  • Abel se lot – Chris Karsten (Human & Rousseau)
  • Die soenoffer – Isa Konrad (LAPA Uitgewers)
  • 7 Dae – Deon Meyer (Human & Rousseau)

Prys vir Dramateks

  • Samsa-masjien – Willem Anker
  • Granaat – Cecilia du Toit
  • Pop – Bauke Snyman

Die Kinderboektoekennings en Woordwystoekenning se wenners word ook tydens hierdie geleentheid aangekondig.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top