teen die blou lug
bo die groen dak
van die kliniek vir geesversteurings
fladder 5 swart kraaie uit formasie
die nugter weet
sulke hallusinante
oor van gogh se vergeelde koringlande
kan dit bloot toevallig wees?
... en so 'n sinnelose faal-vers
wie weet wat is dit
oor 'n honderd jaar werd

