Geruime ryme
Haaaaaaay, ons is terug ... Jip met nog een
en hierdie keer trek ons geen popster se been ...
Die rapping actor, Raptor Louise
Die un-auto-tuned Autotune De Beer
En die net plain Ruan Ruan Kruger
Genoeg om jou visie te verbrieër
Genoeg om jou die skrik te jaag en dalk net genoeg om jou voet te stamp
Jou hand te klap en ’n rym of twee te snap
Die dae van dinosourusse is vir eers nou verby
En ons sal jou meisie met ons vrystyl-ryme steeds kan verlei
Die hardste kletsrym in Afrikaans
Waarop jy en sy steeds kan dans!
Ons betree nou die derde vers
En as dit steeds byster is, steek op die kers
Want meer duidelik kan ons dit nie meer maak
Oud of jonk dit maak nie saak
As ekhouvanjou,okay! speel, staan almal op en dans!
OKAY!?!
As ekhouvanjou,okay! speel, staan almal op en dans!
OKAY!?!
Gee jouself nog ’n kans
maak reg vir nog ’n dans
en moenie skrik of stik
Maar voor hierdie treffer klaar is
is die "herhaal"-knoppie reeds gedruk
Bedank ons later!
Raptor. Ruan. Arno uit!


