"Geraamtes" deur JL van der Walt

  • 0

Geraamtes

Soveel dinge, so verkeerd
Die wolke skep ? valse beeld
Dit was meer as net een keer
dink jy ons sal nou kan leer?

Ek sien jou oë wat in die straatlig skyn
jou lag van vroeg af daar
Jy’s nog steeds die een oor wie ek droom in stormnagte
Laat my net besef dat ek die donker haat

Ek wens ek kon weghardloop met jou hier by my
maar hoe begin ek myself oorreed ?
Asseblief, my skat, probeer net om te vergeet
Want dit was alles net te eenvoudig
Sien net die bietjie hartseer as ons lewensmeesterstuk

Ek is hartseer ek is kwaad
ek sien my soldate vol bloed, vat wraak
Dit voel anders hierdie keer
selfs die geraamtes in my kas kry seer

Ek dog dit was genoeg toe ek in jou skadu kon verdwaal
Wens net iets wil my nou hier kom uithaal
Sien jy die trane van my hart afskeur?
Want jou eie seer lyk onder beheer

Kom ons verander die nagmerrie in ? droom
voor ons mekaar versmoor
Kom ons vat net die lewe vol hoop
dalk het ons net te lank in die verlede geloop
Sonder ? vrees, skree, het iemand ons dalk gehoor?
Was ons net kwaad of het hierdie seer net meer sin gemaak?

Dis al weer die mense wat jou so onderkry
soos n ongemaklike moordenaarsvry
Jy lyk verskrik onder die maanlig vanaand
soos die besitting van n psigopaat

Ek het besef jy kort raad, toe jy soggens oor jou teiken praat
As jy so na die hoogtes mik, weet ek, jy dink aan jou meesterstuk
Ek weet hoe jy jou hart kan vou om die lewe waarin jy was te aanskou
Sodat jy die keer kan gaan soek, na jou hart se ware beroep
Ek weet dis jou grootste wens dat mense jou kan sien uit ? sprokieslens

Hoekom klou jy so vas?
Ek sien die geraamtes in jou kas
Vee af die smile' op jou gesig
want ek weet dis ? jare lange klug
?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top