George Claassen en Marietta

  • 3

George se baklei met haar gaan nie daaroor of sy lieg of nie.

Hy, soos elke ateïs, heg hul bestaan daaraan om elke moontlike sweempie van 'n gedagte aan 'n hiernamaals onmiddellik in die kiem te smoor.

Die blote gedagte aan 'n hiernamaals is vir hulle, juis weens hul oortuiging, 'n absolute verskrikking. Hulle raak benoud, doodsbenoud:

 "Sê nou maar net."

Hulle is soos 'n spul "Bible punchers" wat jou met als waaroor hulle  beskik, tot hul subjektiewe insigte wil indwing. Hulle is dus die teenoorgestelde van evangeliste, hoe sal mens dit stel, atëogeliste ?

Die Wetenskap verdeel, in leke taal, die atoom tot op die kleinste van klein deeltjies of partikels en vorder voortdurend tot een deel plus 'n ander vorm weer 'n ander partikel of deeltjie.

Ons kom later tot by 'n punt waar daar iets anders moet wees, soos, sê nou bv hoe is die Higgs saamgestel ?

So, daar is iets daarbuite, en nie net niks nie! 

Terloops, ekself heg geen waarde aan "crossing over" nie. Iemand wat reeds in die hemel is, sal nie wil kontak maak met die aarde nie.

Indien hy wel na die dood kontak wil maak is hy beslis nie in die hemel nie, en dit interesseer my glad nie.

Groetnis

Raed-na-Gael

  • 3

Kommentaar

  • "Iemand wat reeds in die hemel is, sal nie wil kontak maak met die aarde nie".

    Nou waarvoor die noodsaaklikheid van 'n wederkoms, en 'n wederopstanding indien reeds in die hemel of hel is soos hierbo aangegee?

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top