Geskryf vir: Alle kunstenaars
Jy’s die een wat roep van buite
Duisternis verblind my oë
Die vrugte van jou boom is n verleidende gif
Maar n vyeblaar bly my verskoning
Refrein:
Dit was nag en dit was more
Aangeskote skemersaand
Ek’s in die skadu’s van jou hart
En ek word die donker
Jy’s die genadelose engel
Liefde word geoffer vir jou plesier
Die hart-van-verstand is woes en leeg
Maar jy is al wat dit begeer
Refrein
Aand van hierdie dag
Onverganklike gif eet my hart
En maak my ? semel wat geen vark sal eet
Twee stukke silwer
Verpand jy my hart en my siel
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


Kommentaar
Wat beteken "hart-van-verstand"? Iemand het vir my gesê ek is in hulle hart-van-verstand en dit is die eerste keer wat ek dit hoor en ek het geen idee nie?