"Genadelose Engel" deur Andre Fourie

  • 0

Jy’s die een wat roep van buite
Duisternis verblind my oë
Die vrugte van jou boom is ? verleidende gif
Maar ? vyeblaar bly my verskoning

KOOR:
Dit was nag en dit was môre
Aangeskote skemersaand
Ek’s in die skadu’s van jou hart
en ek word die donker

Jy’s die genadelose engel
Liefde word geoffer vir jou plesier
Die hart-van-verstand is woes en leeg
Maar jy is al wat dit begeer

KOOR

Aand van hierdie dag
Onverganklike gif eet my hart
En maak my ? semel, wat geen vark sal eet
Twee stukke silwer
verpand jy my hart en my siel

KOOR

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top