Die Boer, Restaurant Teater in Durbanville het net wat die dokter bestel het vir diegene wat 'n bietjie lighartige pret voor die gewoel van die Paasfees nodig het. Op Dinsdag, die 26ste Maart, deel vyf van die land se top Afrikaanse komediante die verhoog by die Die Boer Teater in Durbanville vir 'n lag-'n-slag skouspelagtige, "Gemengde Vrugte" vertoning.
Die komedievertoning sluit die talente van Kobus Galloway, Jurie Prins, Francois van As, Ronnie Victor en Werner Smit in. Erkende komediante in hul eie reg. Elkeen doen hul eie stand-up-roetine en neem die gehoor op 'n vinnige en slim, energieke komedie reis.
"Gemengde Vrugte" is geskep deur Kobus Galloway en Jurie Prins in 2011. Kobus is 'n Kaapstad-gebaseerde komediant, skrywer en illustreerder. Hy het al op 'n vroeë ouderdom begin om sy komedie droom 'n realiteit te maak. Van sy skool se klas-hanswors-van-die-jaar toekenning, na uitverkoopte vertonings dwars oor die Wes-Kaap, het Kobus sy stempel op die Afrikaanse komedie geplaas. Sy unieke komedie is al op talle TV-programme soos "Kwêla", "Casper Rasper Show" en "Jou show met Emo & Wicus" gesien, net 'n paar te noem.
Jurie is afkomstig van 'n teater-agtergrond, hy doen MC werk by troues en speel ook hanswors by ANC-jeugliga partytjies. Sedert sy debuut een-man-stand-up komedievertoning, "The Fresh Hooker", het hy nooit weer teruggekyk nie, selfs nie eers toe hy weghardloop het van die woedende skare nie. Hy is ook bekend vir sy deelname in die kykNET-realiteitsreeks, "Saktyd", waartydens hy die top vier gehaal het uit duisende inskrywings.
Kobus en Jurie het later die res van die groep gewerf om die enigste Afrikaanse komedie groep in Suid-Afrika te vorm. In hul eerste jaar, het die Gemengde Vrugte verskeie kleiner vertonings aangepak, voordat hul groter geleenthede soos Aardklop Nationale Kunstefees by die horing gepak het - waar meeste van hul vertonings uitverkoop was.
Slim, pittig en op die punt, hul komedie sketse en liedjies strek oor 'n verskeidenheid van onderwerpe - van die moonbag terugbring, verkeersirkels gebruik, die slegte ekonomie, vriende met celebs maak, tot gewone dag-tot-dag waarnemings.
Die vertoning sal 20:30 afskop en die deure maak al 18:30 oop. Kaartjies kos R75 per persoon en is beskikbaar by Die Boer - (021) 979 1911. Plekke is egter beperk, so bespreek vroegtydig om nie hierdie afrikaanse komedie-mengelsmoes mis te loop nie!
Lees 'n LitNet-onderhoud met die Gemengde Vrugte. Klik hier.
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

