Ek wonder werklik net hoekom LitNet besluit het om die foto in so mate aan te pas dat dit twee mans van verskillende velkleure insluit. My verleentheid was amper groot en ek het effense borrels gehap toe ek die artikel op LitNet oopmaak. Sien, ek is tans in die VSA waar ek 'n kursus bywoon. Ek het gedurende ons etensuur so 'n paar van die features van my nuwe Samsung Galaxy tab geillustreer aan 'n paar Amerikanertjies (hulle almal is Apple Ipad befok). Toe ek nou so 'n bietjie koekeloer op die nuwe LitNet en die aangepaste DA foto die skerm verkleur, moes ek maar vinnig die konteks van die foto verduidelik, voordat ek my professionele kredietwaardigheid verloor.
Gelukkig is ek in 'n relatief liberale staat (Connecticut) en niemand het eers 'n verduideliking verwag nie. Hier in die VSA is daar raskwessies wat ons in Suid-Afrika nie eers van bewus is nie. Ek dink dat ons werklik baie meer volwasse is wanneer dit by hierdie "kontroversiele" onderwerpe kom. In Amerika sien 'n mens egter baie meer gemengde paartjies as in Suid-Afrika. Niemand kyk twee keer oor hulle skouer of rol hulle ogies in verskeie rigtings as so 'n paartjie verbystap nie. Ek stem saam. Wie gee nou om watter lewensmaat 'n ander persoon verkies? Is dit werklik vir ons om te oordeel? Hoekom obsessief raak oor watter gereedskap of kleur in die slaapkamer verkies word?
Tog is die feit dat die DA-jeug dit nodig vind om 'n hele veldtog rondom so 'n boodskap te bou verdag. Ek laat dit maar oor aan die naiwiteit van die jeug. Verder is ek nie eers lus om hare te kloof daaroor nie.
Hier sit ek nou in Amerika, en die kwessies waaroor baklei word sluit 'n burgemeester van 'n dorp hiernaby in wat Latynse Amerikaners Taco vreters genoem het. Daar is ook 'n absolute histerie in die lug oor Republikeine wat Obama 'n "Foodstamp President" genoem het. Die histerie is amper groter as die reaksie op die ou Zoeloe Koning wat Homoseksuele Zoeloes verrotte mense genoem het.
Op die einde van die dag, is mense se individuele keuses hulle saak, en ek sal saam met hulle fees vier indien hulle gelukkig is. Tog moet daar nooit 'n situasie ontstaan waar mense wat eksklusief verkies om iemand van hulle eie ras of kultuur te trou, as rassisties afgemaak word nie. Dit is persoonlike keuse, en interras verhoudings hoef nie as 'n bakermat van polities – korrekte liefdesverhoudings te staan nie.
Dan kan ons maar vrolik omgaan met die liefde, wat dit ook al vir ons beteken!
Groete
FB

