Is dit nou nie ironies nie – 'n plakkaat wat die konserwatiewes voor '94 sou gebruik om die kiesers te waarsku teen die planne van die liberales, word nou deur die liberales gebruik om stemme te kry.
Jan Rap
3Is dit nou nie ironies nie – 'n plakkaat wat die konserwatiewes voor '94 sou gebruik om die kiesers te waarsku teen die planne van die liberales, word nou deur die liberales gebruik om stemme te kry.
Jan Rap
3
Kommentaar
Jan
Hallo Thomas, die gedeelte van die plakkaat wat op LitNet geplaas is, was die LitNet-span se keuse. Sover ons kennis strek, is hierdie plakkaat inderdaad een van die reeks DASO-plakkate waaroor op die oomblik heelwat gepraat word. Groete, die LitNet-span
Dit sal net ironies wees as hierdie toertjie meer stemme vir die DA werf...
Die reaksie wat hierdie plakkaat uitlok is verbasend. Woorde soos immoreel, buite-egtelik en dies meer word aan die plakkaat gekoppel, en intussen mis ons die punt. Kom ons veronderstel die twee persone in die uitbeelding is getroud. Wat is dan immoreel en buite-egtelik rondom die uitbeelding?
Kan dit waar wees dat Suid-Afrikaners 'n verhouding tussen twee mense met verskillende velkleure as immoreel sien?
Iewers lees ek dat die DA probeer seksuele voorkeure in ons kele afdruk met die plakkaat. Sou twee wit of twee swart persone nie net 'n ander voorkeur in ons kele probeer afdruk het nie? Die fokus is egter op die onderskrif, eendag in die toekoms van Suid-Afrika, sal so 'n plakkaat, soos in Europa, nie eers reaksie uitlok nie. Ek glo nie die punt is om gemengde verhoudings as die norm voor te hou nie, maar om te wys hoe ver Suid-Afrikaners nog is van 'n samelewing waar kleur nie meer saak maak nie. Al wat DASO hierdeur bewys het, is dat Suid-Afrikaners oor die algemeen maar steeds 'n klomp rassiste is wat nie verby kleur kan kyk nie - wit en swart.