Geloof onder die vergrootglas

  • 0

Ek sal dit nogal glo dat ’n Anglikaanse ’dominee’ sou beweer dat mens nie meer vandag van 'n jonger geslag kan verwag nie om die Nicea-geloofsbelydenis, soos dit tans staan, te papegaai nie … (hoe oulik klamp Pieter aan by die uitdrukking …)

Maar, ek dink, wat Pieter nie besef nie, is dat dié uitlating van die Anglikaanse dominee, ook kan en waarskynlik wil, beteken, dat daar met erns gewerk moet word wanneer ’n geloofsbelydenis afgelê moet word – na, alles, dit moet juis nie gepapegaai word nie, want dan beteken dit niks. ’n Geloofsbelydenis is ’n ernstige saak en moet liefs nie geuiter word, as dit nie bedoel word, nie.

Die bykomende aspek is natuurlik dat, veral die Engelse (lees oorspronklik Europees Britse), tradisionele kerke, waarvan die Anglikaanse kerk natuurlik een is, al meer en meer in Geeslose, formalistiese instansies ontaard, juis as gevolg van die preekstoel besetters se selektiewe lees uit die Bybel en steriele, Geeslose gepredik – die produk van ’moderne, tegnologiese teologie’ by tradisionele kweekskole by tradisionele universiteite. Dié kerke word toenemend nog gebruik vir formalistiese prosessies, maar vir die res van die tyd, staan dit bykans leeg. Mense kry eenvoudig nie meer daar waarna die mens se siel en gees hunker nie – die ware Geesvervulde, Goddelike boodskap is net eenvoudig nie meer daar te vinde nie.

Nuwe kweekskole en teologiese leerskole spring soos paddastoele op, oraloor. Daar word ware Godsdiens geleer an onderrig, insigvolle, Geesvervulde teologie – die pastore wat daarvandaan kom, sluit aan by die nuwe kerke. Die lidmate van die ou tradisionele kerke verlaat daardie kerke en stroom na die charismatiese bedienings, wat in getalle toeneem en uit hulle nate bars, veral in Europa en Eurasië, maar ook wêreldoor en dan natuurlik huiskerke, in plekke waar Christene tradisioneel vervolg en geïntimideer word, soos Sjina en sommige ander Asiatiese en Moslem lande. Dit wemel van jongmense. Hierdie is plekke waar dienste dikwels ure lank duur en mense spontaan deelneem op ’n interaktiewe basis en verkwik daar weggaan huis toe.

Laat my ook dink aan ’n opmerking wat Cornelius op ’n tyd gemaak het oor sataniste wat ampsposisies in sommige tradisionele kerke beklee, met sinistere motiewe (dit is ongelukkig so). Ons sien hul wrang saad manifesteer in sommige sinodale besluite en van sommige preekstoele af.

In ons bediening het ons ook onder sataniste gewerk en dikwels gesien hoe dié mense, sataniste wat die Geesvervulde charismatiese dienste bywoon, eenvoudig padgee uit sulke Geesvervulde dienste, omdat hulle daar sal manifesteer as hulle daar bly, weens die teenwoordigheid van die Gees by sulke dienste. Dit is gewoonlik hoe mens agterkom, dat sulke mense (wat die dienste bywoon met sinistere motiewe, byvoorbeeld, om vloeke te plaas, ens, maar soms ook om verlossing daar te kom soek) of in die okkulte aktief is, of volslae sataniste – en so kan mens hulle aanvanklik identifiseer en dan bedien.

Mos hoeka dat ek sê, die arme agnostici verbeur deur hulle eie keuse die beste deel van hulle lewenspotensiaal, met die gevaar dat hulle dit uiteindelik heeltemal sal verloop – dit is nou, die Lewe.

Groete,
Kobus de Klerk

 

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top