Geld is die taal wat die hardste praat.

  • 0

Hulle sê die dag toe die tien amptelike muise in die room val toe skop nege die emmer en enetjie bly skop tot die room in botter verander en hy pootuit kan uitklim. Wat dryf daardie 3de grootste muis? Hoekom is hy so ’n vlieg in die Brexit-room? Ek weet nie. Pasop vir al die dubbelpratery en verdagmakery, waarsku sommiges. Maar kyk gerus na die reklame op Afrikaanse TV-kanale. Selfs in ’n Afrikaanse sin word die afkorting van DStv (digitale satelliettelevisie) in Engels uitgespreek. (’n Handelsnaam, werklik?) Hierdie vier letters van die alfabet is oënskynlik teen dertig silwer ponde verkwansel en lê saam met Blou Bul, Haaie, Leeus, SAUK, SAL en ek weet nie wat nog alles nie op die vullishoop. Awesome.

“When you look at me, what do you see?” vra die man op DStv.

Dis 'n goeie vraag.
Groete
Henning

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top