Met die huidige onluste in die Wes-Kaap, is ons gekkegrens-Afrikaners in histeriese vervoering. Die geleentheid is nou daar vir hulle om amok onder Afrikaners te probeer saai, om hulle sensasionele propaganda onderling te saai.
Nee. Dit is volgens hulle nie die ANC wat verantwoordelik is vir die situasie in die Wes-Kaap nie, maar wel mede-Afrikaners wat nie vir gekkegrens-politiek te vinde is nie.
Om net ‘n voorbeeld te gee. Ons “geleerde” Roodt van Praag het oa die volgende te sê in sy jongste rubriek:
“Die gemiddelde Afrikaner het so DOM GEWORD dat hy geen idee meer het waarom die geweld plaasvind nie” (Asof hy so slim is nè. Afrikaners is beslis nie so dom om deur hom by die neus gelei te word nie).
Naspers kan nie onafhanklik dink of optree nie: (hulle is) “in navolging van die Engelse joernaliste wat aan hulle voorsê …” (wat de fok het die Engelse met die onluste in die Kaap uit te waai?)
“Die vorige Afrikaner NP’s waaruit haar (Zille) se party in die Wes-Kaap bestaan, het (kwansuis) volledig van die Nat-pool na die Sap-pool verskuif.”
“Geen ander persgroep is so fanaties Brits soos Naspers nie … met fanatiese ywer ... die dogma dat Suid-Afrika as “Klein Britse Ryk” vergelyk kan word.
“Maar Zille sit bloot ‘n Kaapse tradisie voort. Soos Cecil Rhodes voor haar, sal sy sê: “Die Afrikaners is nie my vriende nie”.
Dat die universiteit wat aan hom sy “doktors” graad toegeken het, dit nie teruggetrek het nie, verstom my, want die man het geen benul van logika nie. Heel waarskynlik omrede die here in Frankryk nie hierdie onbenullige mannetjie ken nie.
Jaco Fourie


Kommentaar
Jaco,
Ek het nie een weerlegging van Dan Roodt se argumente in jou brief gevind nie ... jy vloek en skel net die man. Dis nogals swak smaak ...Wil jy nie rustig en bedaard punt vir punt neerskryf waar jy met Dan Roodt verskil nie, andersins kan jy jouself moeite spaar en maar net in ’n enkele sin weereens noem jy hou niks van die man nie.
Groete
Kobus
Kobus
Verwag jy van my ek moet die volgende stellings van Roodt weerlê, nl.
- dat die gemiddelde Afrikaner dom is
- Naspers word deur Engelse joernaliste aangesê wat om te skryf
- Afrikaners in die DA is nou kwansuis SAPPE
- Naspers is fanaties Brits
- Hellen Zille hou nie van Afrikaners nie
Die onus berus by hierdie onbenullige mannetjie om sy stellings met feite te bewys, nie andersom dat ek hom die teendeel moet probeer bewys nie. Ek het presies weergee wat hy geskryf het, met minimale kommentaar van myself.
En ja. Ek hou beslis nie van mense wat blatant lieg nie.
En soos jy self weet, is Roodt bekend vir sy ergere geskellery van ander wat nie sy verkrompte en verwronge sieninge deel nie, so moenie skynheilig my oor so iets aanvat nie.
Gaan eerder terug na jou meester en kry hom om die waarheid te skryf, dan is dit moontlik dat hy in die proses respek kan afdwing.
Jaco Fourie
Jaco, dis soos Kobus sê; jy weerlê nie een van die stellings wat jy aanhaal nie. Indien hierdie stellings vir jou so absurd is, kan jy netsowel die moeite doen om te sê hoekom. Dit behoort mos maklik vir jou te wees.
’n Moontlikheid is dat jy nie kan nie want dit dring tot jou deur dat dit die waarheid is; jy's net kwaad omdat Dan so gemeen kan wees om die waarheid te noem; wéét hy dan nie dat dit ongeskik is om ontkenners se kassie te skud nie? A nee a.
Feit is, Jaco, die land brand en die skrif was teen die muur al van die vroeë 70's af. Julle het egter ’n dowe oor na hierdie skrif teen die muur gedraai en nou, danksy julle gesluk van Naspers en die Engelse koerante se stories, sit ons met die gebakte pere agter lemmetjiesdraad, of oorsee. Die dat jy so woedend word, Dan se onverskrokke ontbloting van die waarheid werp ’n kollig op julle gedienstigheid, op die feit dat julle met slap pap onder ’n wip gevang is.
Jy gaan selfs sover as om Dan Roodt ’n 'onenullige mannetjie' te noem. Dit is die man in plaas van die bal speel in die ergste graad. Dankie tog vir Dan Roodt; ’n bewys daar is nog Afrikaners (Boere) wat nie in stof en as rondkruip nie.
Jan
Jy volg Roodt se illogika slaafs na, soos duidelik deur jou respons hierbo uiteengesit.
In die trant van hierdie illogika, indien ek vir mense sê Jan is ’n poephol, dan volgens jou redenasie moet Jan dit weerlê deur te bewys hy is nie ’n poephol nie.
Jaco Fourie
Jan
Jou kruiperige eerbetoning mbt Roodt. Jy skryf:
"Dankie tog vir Dan Roodt; ’n BEWYS daar is nog Afrikaners (Boere) wat nie in stof en as rondkruip nie".
Jy maak 'n stelling sonder om jou BEWYS te staaf nie. Of glo jy ons moet jou woord daarvoor aanvaar as bewys-stawing?
Jaco Fourie