Nag: boom & straat vervaag van tint tot mezzotint,
op die dag se etsplaat uitgekrap. In my hart
sal ek met die opstaan sy swaar besinksel vind:
woorde brokkelig in die grys lig & beenswart.
Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir ’n weeklikse dosis vars poësie.