Geen (on)heiligheid

  • 1

Foto: Pixabay.com

In die 1-heid van “same love” 
waarom is daar 2-spalt? 
Soek mense antwoorde by die 3-1-igheid 
wat ons aanspoor om (naaste)liefde te 4?
Miskien maak Ingrid se 5de Collins my ook  
nugter 
om my 6de sintuig te glo en te weet dat hierdie gevoelens 
geen 1 van die 7 dodelike sondes is nie.

  • 1

Kommentaar

  • Hierdie gedig van Lidia praat met my en ek sou haar faal as ek nie reageer nie. Haar woorde, miskien en nugter, het my bygeval.
    Die norm, soos deur moeder natuur bepaal (wetenskaplik gefundeerde reëls) is die enigste bron wat deur die norm gebruik word om tussen reg en verkeerd te onderskei ... Toelaatbaar of ontoelaatbaar. Niks anders nie. Daar is kleiner groepies wat die drie-enigheidheid gebruik om albei kante tegemoet te kom, maar kom nie tot vergelyk nie, en sal nooit, want hulle vorm nie deel van die rondom-aarde-norm nie.
    Teenoorgestelde pole trek mekaar aan en eenderse pole stoot mekaar weg ... En dan moet daar onderskei word tussen naasteliefde en katteliefde. Albei is nodig en pragtig - as dit binne konteks toegepas word.
    Was "same love" (eenderse pole) dan nie verantwoordelik vir die vigsvirus nie?
    'n Gedig met 'n boodskap wat gedagtes prikkel is altyd 'n wenner. Vreemde woorde wat op krukke deur sinne slinger laat my dom.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top