Lydia kom uit die 1975-oesjaar. ’n Regsadviseur van beroep, maar sy verbeel haarself eerder iewers langs die stil Kaapse strande. Gebore en getoë in die Jakarandastad, waar sy haar brood verdien. Sy is ’n oud-Tukkie en trots daarop! “Sonder om na ’n cliché te klink, gee ek bloot uiting aan my emosies wanneer ek skryf. Die liefde en die verlies daaraan inspireer my. Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw.” Haar liefde vir musiek spruit daaruit dat sy glo dat musiek lewe in poësie blaas. En as reis verniet was, sou jy haar nooit weer sien nie!