"Gee my ? plane om mee te vlieg" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Gee my ? plane om mee te vlieg

Ek sit op die stoep met net my boxer aan
en die reuk van rum en wyn laat my asem wegslaan
Ek bewe en sweet en die brandende stompie brand nog ? gat in my broek
Ek vloek en klap en wens die hele aarde wil vergaan
Want hoekom moet ek suffer net omdat jy wou gaan

REFREIN:
Gee my ? plane om mee te vlieg en waarmee ek ver weg kan gaan
Gee my ? kans om net weer my vlerke te kan span
Gee my ? plane sodat ek ? nuwe roete kan skep
en myself uit hierdie verdomde nagmerrie kan red

Ek staan op en slinger en gaan soek nog ? dop
die pyn vreet aan my hart en aan my kop
Die yskas is leeg en my mond is droog
en ek voel die traan brand in my oog
Ek val op my knieë en voel die vel skeur
en die bloed loop in straaltjies tot by die deur
Ek is gesuip en vuil en alleen en hoekom moes dit met my gebeur?

REFREIN

Dit is tyd om te gaan, dit is tyd om te groet
ek is moeg vir al die storms wat hier binne my woed
Ek moet opstaan, ek moet veg met ? moewiese spoed
voordat ek eendag vir my sondes moet boet
Ek kry al jou foto’s en ook die in rame
en gooi dit stukkend want daar is nie meer tyd vir trane
Ek was die seer en stof en babelas af en sien my skoon gesig in die krane

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top