"Gedig vol insig" deur Ivan Kruger

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Vergifnis is nie giftig.

Ek moet self my kruis dra,
Ek moet minder vrae vra,
Ek moet al my begeertes staak,
Ek moet die waarheid bekend maak,

Ek is ‘n opdrag gegee,
Om mense te leer,
Om mense te laat ophou sug,
Om mense te versadig,
Met gedig
vol insig,

Die seun van Sion sak Sy kop in skaamte,
Vir van Sy verloorde skape
se geloof geraamte,

Ek was my sondes af met
die seep van geregtigheid,
insig en eerlikheid,
Ek droog my verstand af,
Met die waarheid,
Ek trek die woord aan vir die soveelste maal,
En ek loop op die pad,
Sonder om te dwaal,

Ek is ‘n opdrag gegee,
Om mense te leer,
Om mense te laat ophou sug,
Om mense te versadig,
Met gedig
vol insig,

Vergifnis is nie giftig.

Maak my blind vir die donker,
En nie vir die reg,
Laat my met U woorde veg,
Ek sal kniel, al dink mense ek is siniel,
Julle wat so spot,
Vrees julle nie God?
Julle wat so buig,
Waar is jul gejuig?

Die seun van Sion sak Sy kop in skaamte,
Vir van Sy verloorde skape
se geloof geraamte,

Vergifnis is nie giftig.

Ek is ‘n opdrag gegee,
Om mense te leer,
Om mense te laat ophou sug,
Om mense te versadig,
Met gedig
vol insig,

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top