Gedagte uit die feesgety

  • 0

Ons het weereens 'n heerlike feesgety agter die blad. Al om die ander jaar bring die jong Thomasse hulle feestyd by die skoonfamilies deur maar hierdie jaar was die saamtrek by die Thomas-vesting in Ballito waar ons die beste weer in dekades ervaar het.

Die een ding wat ons as gesin roerend in gemeen het is ons ongelowigheid. Oor 'n glasie van die Kaap se beste het ons besluit dis heerlik om van middel Desember tot Januarie fees te vier alhoewel ons geen geloofsredes daarvoor het nie. My oudste seun het ons heel lakonies daarop gewys dat geloof in die absurde nie 'n voorvereiste is om fees te vier en jouself te geniet nie.

Ateïstiese groete

Thomas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top