Luke 2:8 sê: “At this time shepherds were there in that region where they were lodging and keeping watch there at night over their flocks.” Dit gebeur nie in Desember nie want dit is te koud.
Luke 2:1 tot 5 sê Sy ouers het na Beth-Lekhem gegaan vir die sensus wat Augustus Ceaser beveel het, dit was in die oestyd, dus Herfs, nie Winter nie. So omtrent middel-September. Daar is menige ander roetes, jy kan oplees en optel en vind Hy het vir 3 en half jaar gepreek, werk terug van sy dood, dan nog 30 jaar terug en jy het sy geboortedatum.
Of lees op hoe oud Johannes die Doper was en hoe vêr sy en Messias se geboortes van mekaar was. Daar is baie roetes, en nie een enkele som se antwoord is 25 Desember nie.
En so kan ons aangaan en aangaan, enigeen kan oor en oor bewys dat Messias beslis nie in Desember gebore is nie. En net so kan geeneen bewys dat Hy wel in Desember gebore is nie.
So hoekom op aarde word 25 Desember voorgehou as Sy geboortedag? Sy geboortedatum is nêrens in die geskrifte opgeteken nie. Hoekom nie? G_d het dit nie nodig geag nie, dis hoekom nie, dit beteken Sy geboortedatum is nie belangrik nie.
So waar kom die 25 Desember-storie vandaan? En die Krismisboom, geskenke, groen kranse, al daai jazz?
Die storie werk so: Toe die Romeinse Ryk aan die val as, het hulle godsdiens as ’n laaste kans gegryp om die uiteenlopende spul heidene te verenig. Onder die Roomse Kerk-vaandel. Hulle het egter nooit daarin geslaag om die heidene te bekeer nie, wat hulle gedoen het was om heidense gebruike in hul kerk op te neem. Dit het nie gegaan om siele te red nie, maar eerder om die Romeins Ryk te red. Een van hul baie groot feeste was die geboorte van die songod. Hulle het gesien dat die dae weer begin langer word en die nagte korter en dit beskou as die geboorte van hul songod. Hulle het ’n groot fees jaarliks op 25 Desember gehou ter ere van hul songod. Dit was Saturnalia genoem en was gevier van lank voor die geboorte van Messias. Die vieringe was net soos Krismis vandag is. Hulle het bome in die huis staangemaak, dit met silwer en goud versier en vir mekaar geskenke onder die boom geplaas. Hulle het na die son-tempel gegaan, die songod aanbid, dan huis toe gegaan, fees gevier en geskenke oopgemaak. Klink dit bekend?
So die Ware Christene is nie die eerstes wat hierdie afgodery betref nie. Die Romeine was ook nie eerste nie. Dit kom al die pad van kort duskant die vloed. Ou Nimrod die erg onheilige en sy ma/vrou Semiramis is die argitekte. Sy reken toe Nimrod dood is het ’n groot groen boom oornag uit ’n dooie stomp gegroei. Dit om sy hergeboorte te simboliseer. Sy het ook gesê dat Nimrod elke jaar op 25 Desember haar besoek en vir haar geskenke by die boom los. Dis seker nie nodig om hier ’n boek te skryf nie, die lesers wat die waarheid wil weet, daar is baie boeke beskikbaar hieroor.
Ek vier nie hierdie dag nie, maar ek wil tog die Christene vra. Deur hierdie dag te vier en jul kinders hierdie onding te leer, help julle jul kinders op die pad van geloof in G_d of nie?
Ek vra maar net.
Duitswester

