Die reën het die perskeboom
gisteraand plek-plek gesoen
en met sy teer hand gestreel
oor die geswolle buik van ’n ryp veselvrug –
gereed vir be-
valling.
Vanmôre het veselperske op die
grond gelê met kouekoors
en glinsterende doudruppels
op haar voorkop.
Laasnag is die naelstring
geknip om ’n swoel lenteoggend
oop te vlek.

