Gebed van 'n kitaarspeler
Vader, ek het niks om U te gee
behalwe my kitaar en ? liriek of twee
Maak dit stil in my onstuimige gemoed
as ek U in die oggendson ontmoet
Voor my plaashuis se graffiti-muur
U genade selfs my skaduwee verduur
Eelte op my vingers vertel die verhaal
hoe ek dikwels met my kitaar verdwaal
Op my pad tussen mense met mooi stories
my liedjies loop soek en soms simbolies
wil ek dit neerskryf en soms net fluister
vir wie ook al daarna wil luister
Maar as ek sing met ? stem vol pyn
laat die seer krake in my stem verdwyn
Sal U vir my ? engelekoor saambring
dat hulle saam die koorgedeelte sing?
Vader, ek het niks om U te gee
behalwe my kitaar en ? liriek of twee
Maak dit stil in my onstuimige gemoed
as ek U in die oggendson ontmoet


