
Foto: Canva
“Gay”-wies
nooit gewiet jou sonde
sal die groot rol inie kerklike antie se lewe speelie
terwyl sy haare toesmeer
en my oordeel
nooit gewiet dat sy ienik inie laaste ry sit om jou
bieter te beskinder
maar praatie van haar kind wat biesag is om drugs anie laities te verkoepie
praat nooit van haar man se gejôlery
in hul huwelik nie
en hoe sy ok maar smag vir die Here-hand
om haar deur te dra nie
gay-wies, ek’t nooit gewiet
jy sal die selfmoordlys volmaakie
nooit gewiet
dat hul jou nooit sal aanvaar nie
“gay”-wies


Kommentaar
Hoe mooi is eerlike woorde.