Met die huidige sensus is daar baie wat uitgelaat word, oa statistieke rakende blanke gay demografie; ekonomiese strata van gays; persentasie van pink belasting bydrae tot die staatskis; ens.
My duimsuig-statistieke sal omtrent die volgende oplewer. Syfers is opgestel as gevolg van my persoonlike persepsies van die blanke gay gemeenskap. Met nie-blankes, het ek geen ondervinding om enige persepsies te kon vorm nie.
Met vrou wettig getroud 30%
Met man wettig getroud 10%
In wisselende vaste verhoudings 40%
Ongebonde 20%
Blanke Afrikaners 80%
Blankes anderstaliges 20%
Verhouding teenoor heteroseksueles 15% in die groot stede
In die plattelandse dorpe 03%
Plaas gemeenskap 05%
Werkloos onder gay totaal 01%
Onder R3 000/maand 05%
R3 000 tot R5 000 10%
R5 000 tot R10 000 30%
R10 000 tot R20 000 30%
R20 000 tot R50 000 15%
Bo R50 000 09%
Werknemers 30%
Selfversorgend 65%
Afgetree 05% min gays bereik aftreeouderdom)
Bydrae tot die staatskas 20% van totale bevolking
Net vir verdere interessantheid: Van die huidige 15 finaliste vir die landwye veelrassige Mnr Gay SA-kompetisie, het 11 Afrikaanse vanne (almal nie noodwendig Afrikaanssprekend nie); 1 is kleurling; 1 is Indiër; 1 is swart; 1 met Engelse van.
Indien enigiemand ander persepsies het, sal dit interessant wees om met myne te vergelyk.
Jaco Fourie

