"Gate vol vernedering" deur Annelie van Zyl

  • 0

Gate vol vernedering

Besit ? besitting
Beweeg met ? beweging
Vasgevang in gedagtegang
My lewe bly na jou verlang

Ek wil jou met besit stort
sodat alles wat myne is joune word
Met jou las en jou roes
doen jy wat jy kan en wens jy kon wat jy moes

REFREIN:
Dis waar ek jou los
want daar is gate vol vernedering
Pasop vir al die leë bevrediging
Dis waar ek jou los
Dis wat tyd jou kos

Bedwing jou begeertes
Belê in beloftes
Vergeet soos jy vergewe
Al is sondeskuld jou ou en nuwe lewe

Doodgebore geluk word besit
deur dié wat huil eerder as bid
Want in ons sirkelbestaan
sal die woorde van gebede en verlede vergaan.

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top