
Foto:Canva
Gansbaai
Van Grootbos se hoë duine na die suide
sien jy die vuurtoring deur die proteas en die heide
daar ver is die punt van hierdie deel se kus
die plek waar daar vele wrakke rus
na regs lê die baai en mooie kuslyn
wat met die berge ver in die blou verdwyn.
Daar is Gansbaai: plek sonder veel praal of swier
op ’n tyd was daar baie kolganse hier
vissers het dinge begin hier baie jare terug
hul het hier gebly en die dorpie is gestig
baie voordorpe het hy nou bygekry
vele binnelanders het later hier kom bly.
Eenvoudig maar rustig is die mense wat hier woon
sonder raas of groot vertoon
rustige mense wat niemand sal pla
hier moet jy jou net altyd mooi gedra.
Vele uitlandse winkeltjies is ook hier te sien
verkoop enigiets van koffie tot ’n tikmasjien.
Die visgetalle het oor die jare getaan
maar die ware vissers weet nog waar om te gaan
waar om die grootste bielies uit te trek.
Die fabriek wat die vis hier verwerk,
gaan nog goed aan, sorg vir goeie bestaan.
Soms is daar die geur van vis wat oor die dorpie gaan.
Kunstenaars hou ook baie van hierdie plek
baie mooi werke is al hier verwek
die bekendste een is seker die Liedjieboer
baie mooi liedjies het hy ons oor die jare gevoer.
Baie mense het dus oor die jare hier help bou
en kan ons sê ons weet vir seker nou:
“Wie maak vir Gansbaai lekker!”


Kommentaar
“Wie maak vir Gansbaai lekker!”
Geelbek - dekades laas een gesien, nevermaaind van proe.