Gaddafi se ingrype in die Suid-Afrikaanse grensoorlog vir die eerste keer onthul

  • 0

Generaal Geldenhuys verwys na die warm Suid-Afrikaanse Bosoorlog tydens die Koue Oorlog.

Die einde van die Koue Oorlog en Grensoorlog het saamgeval.

So ook die einde van die USSR en Afrikanermag.

Die einde van die USSR en die Koue Oorlog was polities en ekonomies gesien nadelig vir Afrikaners, Russe en Kubane. Vir die Russe en Kubane was die agteruitgang te verstane – hulle het die lang en duur Koue Oorlog teen die Weste verloor.

Hoe was dit egter moontlik vir Afrikaners en die SAW om die Suid-Afrikaanse Grensoorlog en Koue Oorlog vir die Weste te wen, maar terselfdertyd Namibië, die eerste Afrikanerstaat en soewereine Afrikanermag totaal te verloor?

Muammar Gaddafi kon dit verduidelik.

Gaddafi se Libië in Noord-Afrika was soos Suid-Afrika ’n ryk en strategiese spilpunt in die Weste en Rusland se globale magstryd.

Daar was slegs een manier vir die Gaddafi-regime om te oorleef: met wapens en ondersteuning van ’n sterk Rusland.

Toe Rusland ekonomies in duie stort, het Libië onder toenemende Westerse druk gekom, soveel so, dat Gaddafi ’n samewerkings- en wapenaankope-ooreenkoms met Brittanje en Frankryk beklink het, maar dit het direk tot Gaddafi se dood gelei. Slegs ’n sterk Rusland kon Gaddafi red, en hy het dit geweet.

In 1988 het die USSR na die randjie van die afgrond oorgehel, toe sy lewensbelangrike politieke satelliete Kuba en Angola, ’n vredesooreenkoms met die Westersgesinde Afrikaner-Suid-Afrika aangegaan het.

In ’n poging om die New York-akkoorde tussen Angola-Kuba-Rusland, en Suid-Afrika-Amerika se ondertekening te kelder, die Suid-Afrikaanse Grensoorlog aan die gang te hou, en so die ineenstorting van die USSR se globale mag te probeer vermy, het Pan Am Vlug 103 na New York met baie belangrike passasiers in die lug ontplof, maar per ongeluk sonder Pik Botha.

So het Pik Botha die einde van die Grensoorlog, die einde van Pan Am Vlug 103, en die einde van die USSR oorleef, maar die eerste Afrikanerstaat kon nie, nes Gaddafi, want die oorwinnende Weste was hulle ware politieke opponent. Verwoerd het dit geweet, en wou in 1966 tydens die aanvang van die Grensoorlog en net voor sy sluipmoord, nie as proksie vir die VSA in die Koue-Oorlog veg nie.

Word vervolg.

Ran Doodt

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top