
Foto: Canva
Gaatjie (ga:jci)
Djy wêk soms soe aan my gat
Elke oggend fluit djy vir my as ek nog doer aankom
“Town, town?”
met ’n handgebaar wat vorentoe wys
Djou music is wee effe harder va’oggend
Djy vind genot daarin om ons soos sardientjies te pak
En dan die audacity om ons volprys te charge
Die wêkende kandidate en skoolkinnes is op van
djou kak
Ek sien die kyke wat hulle vi’ djou gee
Ek wiet is djou brood en botte,
Djou income,
iets waa’op djy trots is,
ma’ issit dan norag om ôs soe te
disrespect?
Djou disgusting soorte music hard innie oggend uitblaker
Garro, ôldou ôs nie ommie selle vuur sittie, is daar een ding wat ek van djou appreciate:
Djy lat ek nooit laat by die wêk uitstiek nie
Al speel djy daai disgusting music.

