FW: Renosterstroping. Olympus. Kolonisasie.

  • 0

Hello Francois

Dankie vir hierdie reaksie van jou kant af en die vrae gestel in dit.

Die onderwerp soos dit aanvanklik hier aangeroer is kan in die briewe van Ludwig gevind word, en het sy briewe reg laat geskied aan die gruwel van renosterstroping en sal nie daar enige afbreuk aan sy argumente gemaak word nie. Dit word aanvaar dat die afkeur teen renosterstroping algemeen onder die publiek en dat daar ooreenstemming is dat dit ’n gruwel is en gestop moet word.

Uit die aard van iTunes, waarop ek ingeskryf is op ’n wye verskeidenheid van internasionale programme en weekliks afgelaai word het die program, waarin die voorstel om handel in renosterhoring te wettig bespreek word, my rigting gekom het en is dit aangebied as ’n aanvullende brief tot dit wat Ludwig gepubliseer het.

Die aard van die brief en die voorstel daarin was dus nie om ’n klinkklare oplossing vir die voorkoming van renosterstroping te probeer formuleer nie en was soos alreeds aangedui aanvullend tot dit wat Ludwig gepubliseer het.

Jou vrae in die brief verwys sekerlik na Dawie Groenewald en die sogenaamde “Groenewald-gang” as verteenwoordigend van die Afrikaner wat jy bevraagteken.

Die Groenewalds se deelname word nie ontken nie, maar dit was nie die kern van beide my of Ludwig se briewe nie en was die kern van wat aangespreek is, juis die bestaan van renosterstroping en hoe dit die hoof gebied kan word.

Ingesluit in die verwysing na die program komende van die CBC, The Current het hulle, hul eie skakels na artikels wat die onderwerp aanspreek geplaas en verwys daarom na ’n artikels, gepubliseer in die Financial Mail wat hierdie onderwerp aanspreek en die volgende frase word aangebied wat die omvang van die stropers bespreek.

So what was a means to acquire the horns legally through sport hunting has now turned into unabashed poaching and your rhino crime statistics have just gone off the barometer as a result. From an average loss of about 12 rhinos a year for 15 years, the number suddenly spiked in 2008 to 76, then almost doubled to 150 in 2009 and last year climbed to 333.
Despite the high-profile arrest of Out of Africa Adventurous Safaris owner Dawie Groenewald and 12 co-accused in September last year, rhino poaching has increased: 131 poachers have been arrested in the first half of this year.

Die oplossing is nog steeds nie seker nie en in die lig daarvan was die program aangebied.

Opdatering op Olympus vanaf die Financial Times, 24 November 2011:

It would be no surprise if the Olympus scandal led to further much-needed reforms, such as a requirement for truly independent non-executive directors. An ideal candidate for that role at Olympus would be Michael Woodford himself.

Uitdaging:

Kennis geneem daarvan, en jou stelling, “die gebied wat intens verkrag en geplunder was deur die wonnerlike Europeërs vir 500 jaar lank” en die beskuldiging van “intellektuele leuenaars par excellence” te wees.

Alhoewel daar nie op geantwoord was nie, tot nou toe, was dit nie omrede die uitdaging nie aanvaar is nie, maar deels omrede die negatiewe effek van kolonisasie nie deur my betwyfel word nie en daar dus nie werklik ’n verskil oor die argument daarvoor bestaan nie, maar slegs oor hoe dit gekwantifiseer moet word.

Daar was onlangs ’n briljante opstel deur Pankaj Mishra wat Niall Ferguson se Civilisation: The West and the Rest bespreek en Pankaj Mishra ’n dodelike opsomming bied teen die gruwels van kolonisasie en sal ek graag uittreksels daaruit wil aanbied.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top