FW: EU-Uitdaging en Afrikanerhaat

  • 0

Hello Francois

Kennis geneem van jou uitdaging en het ek al gepoog om dit vir myself te verklaar in ’n enkele paragraaf, maar het gefaal om so te doen. Die hoeveelheid ink wat op hierdie onderwerp spandeer is , is soos verwag kan word enorm en dit te probeer reduseer tot 600 of 1200 woorde of so sal ’n uitdaging wees. Dag na dag, week na week, nuus, kommentaar en ontleding. Waar om te begin en watter aspekte moet uitgelig word is ’n enorme uitdaging.

Net soos ek nie bewus is van boeke wat die probleem in die EU aanspreek in isolasie nie is daar natuurlik nou al ’n magdom van boeke wat die krisis op internasionale vlak aanspreek met Europa as ’n onderdeel daarvan. Dit is ook al bykans al te veel om te lees, maar sal as ek die moed bymekaar kan skraap die lektuur aandurf soos vervat in die media.

Thomas, het egter ’n uitdaging aan jou ook gestel wanneer hy aan jou die volgende uitlig, "ek weet van geen gesaghebbende politieke of sosiologiese ontleder wat ‘Die Afrikaner’ as Suid-Afrika se grootste bedreiging sien nie".

Haat as sodanig word seker nie as rasioneel beskou nie en is dus dalk onthef van die verantwoordelikheid om rasioneel motiveer te word, maar verlang nog steeds dat die denke wat die onderbou van die emosie is verwoord kan word.

Net soos met Zhi, word daar van beide verlang om die Afrikanerhaat te kwantifiseer.

Hoekom, die Afrikaner haat?

Vir apartheid?

Verduidelik asseblief.

Baie dankie

Wouter

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top