’n Jaar of drie terug was ek en my vrou op besoek aan Engeland en het ons, soos dit ’n goeie toeris betaam, in Stratford-Upon-Avon aangegaan om al die Shakespeare gedenkwaardighede te beskou. Omtrent drie-uur die middag het ons by die Royal Shakespeare Theatre verbygestap waar Hamlet dié aand opgevoer sou word. Op die ingewing van die oomblik het ons besluit om in die ry te val en te kyk of ons nie dalk so gelukkig kan wees om twee teruggestuurde kaartjies op te raap nie (vertonings is gewoonlik maande, selfs jare vooruit uitverkoop). Geduldig het ons vir meer as vier ure in die ry gesit (gelukkig is daar bankies!). Uiteindelik, met slegs 5 minute oor voor die vertoning sou begin, was ons voor in die ry en het ons die laaste twee teruggestuurde kaartjies gekoop. Die bywoning van Hamlet in die Royal Shakespeare Theatre was ’n ongelooflike ervaring en is vandag nog een van my lekkerste herinneringe.
By die lees van Francois Williams se nuutste aanval op die Afrikaners het Koningin Gertrude se woorde baie helder by my opgekom: “The lady doth protest too much, methinks.”
Net soos die persoon van wie die woorde gesê word in Hamlet het FW nou alle kredietwaardigheid verloor met sy aanhoudende Afrikaner-bashing.
Sooisie doth protest too much, methinks.
Groetnis
Thomas

