Francois
Jaco waarsku dat jy, "speel kat en muis met elkeen se troetelonderwerp hier op die net". Indien hierdie dus net vir die grap is, laat dit dan so wees, die antwoord wat ek jou wil gee, is egter ernstig. Die bespreking het sy oorsprong in Kobus se bespreking wat die natuurwetenskappe en die geesteswetenskappe in konteks gebring het en ’n latere formulering van die parawetenskap tot gevolg gehad het wat volgens sy definisie die parawetenskappe as deel van die geesteswetenskappe.
Dit is nie ’n geldige klassifikasie nie en het dalk sy oorsprong in die verkeerdelike aanbieding van die konsep geesteswetenskappe, met die klem op "geestes" en dan die "VVV's, teleportasie, voodoo, astrologie, mediums" wat as die geestelike gesien word.
Die beeld wat eerder moet gebruik word is dat wetenskap is nie ’n enkele abstraksie en moet opgedeel word om die werklike omvang daarvan te begryp.
Die beginpunt kan gesien word as fisika, met wiskunde as die kern.
Chemie en biologie kom volgende.
Dit kan word verder uitgebrei soos volg aan hand van die sosiale wetenskappe en sal dan na die volgende verwys: ekonomie, linguistiek, sielkunde, antropologie, sosiologie en politieke wetenskap.
Laastens geskiedenis en filosofie en letterkunde as deel van die humaniora. (Geesteswetenskappe)
Die algemeen aanvaarde verstaan van die konsepte maak nie voorsiening vir die parawetenskappe, ’n pseudowetenskap, as deel van die geesteswetenskappe nie.
Voodoo, sal dus ondersoek word onder antropologie, sielkunde, geskiedenis en die letterkunde.
Astrologie sal ondersoek word onder geskiedenis, sosiologie, sielkunde.
Bogenoemde voorbeelde verduidelik die metodiek waarvolgens die onderwerpe ondersoek kan word. Om dan juis die veranderde interpretasies soos dit oor tyd ontwikkel as ’n swakheid te sien is om juis die menslike projek te misverstaan en blind te wees vir die mens se kapasiteit om sin van sy bestaan te maak.
Daarom is dit juis die uitdaging om oor al die velde heen tred te hou oor hoe die verstaan van die mens verwoord te word.
Die gebruik van die woord, wetenskap, kan net so maklik verval in ’n ongeldige abstraksie wat misbruik kan word deur die oningeligtes as ’n stok om mee te slaan en nie die grootsheid van die projek begryp nie.
Baie dankie
Wouter

