FunnyKaap is ’n 90 minute mallemeule van komedie, skerpskets, tragi-komedie en musiek wat gehore laat skaterlag, maar tog ook laat nadink. Gooi die veelsydige Emo Adams, pittige Dowwe Dolla, sjarmante Pedro Kruger, vreksnaakse Wicus van der Merwe, vokaal rondborstige Sarah Theron en die onstuitbare Take Note-orkes op een verhoog en dis ’n wenresep.
![]() |
|
FunnyKaap
|
As solo kunstenaars is hulle erg vermaaklik en wanneer ons hulle as groep saam gooi in nuutgeskrewe sketse deur Hennie van Greunen, draai ons die lagkrane behoorlik oop.
Eers was daar Die Carol Burnett show. Toe was dit – Saturday Night Live. Nou is dit – FunnyKaap – want ons is almal vannie Kaap – en dis lekker.
Bespreek by Computicket. Toeriste vriendelik


