Foto's: SA Akademie se bekroningsgeleentheid op Stellenbosch

  • 1

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike bekroningsgeleentheid vir 2014 het Vrydagaand  27 Junie op Stellenbosch plaasgevind.

Wessel Pienaar, ondervoorsitter van die SA Akademie, het vir die vyftiende en laaste keer as seremoniemeester opgetree.

Johan van Zyl, groep uitvoerende hoof van Sanlam, het die verwelkoming gedoen.

Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en Mabet van Wyk maak musiek.

Dion? Prinsloo, hoof uitvoerende beampte van die SA Akademie

Dorothea van Zyl het 'n spesiale oorkonde ontvang vir haar bydrae sedert 1999 as direkteur van die US Woordfees.

Lobke Steyn ontvang die Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Dierkundige Wetenskappe) van Wannie Carstens, voorsitter van die SA Akademie.

Charles J Fourie het die Erepenning vir radiodrama in Afrikaans ontvang vir sy hoorspel Offer.

Wim Vorster het die huldigingswoord vir Fourie gelewer.

Herman Binge het die Erepenning vir 'n dokumentêre televisieprogram in Afrikaans ontvang vir Song vir Emily.

Nico Luwes het die huldigingswoord vir Binge, asook dié vir Kobus Rossouw en Sandra Kotzé, gelewer.

Louis Changuion het die Erepenning vir die bevordering van Geskiedenis ontvang.

Die Erepenning vir toneel- en verhoogkuns en die Gerhard Beukesprys is aan die egpaar Sandra Kotzé en Cobus Rossouw toegeken.

Sandra Kotzé

Cobus Rossouw

Marena Manley, hoogleraar in voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch, is met die Erepenning van die SA Akademie se Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie bekroon.

Wannie Carstens oorhandig 'n besondere erepenning aan Marie-Lou Roux. Sy word vereer vir haar lewenslange ywer en deursettingsvermoë om projekte vir natuur- en omgewingsbewaring met sukses te inisieer en te bestuur.

Daniel Hugo is die ontvanger van die SA Akademieprys vir vertaalde werk. Die prys is aan hom toegeken vir Sprakeloos.

Nicol Stassen het die huldigingswoord, opgestel deur Hennie van Coller, vir Hugo gelewer.

Christo Viljoen is bekroon met die DF du Toit-Malherbeprys vir genealogiese navorsing vir die Viljoen Familieregister, wat in vier dele verskyn het.

Die Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap is toegeken aan Jacques du Plessis en Gerhard Lubbe vir hul redakteurskap van, en bydraes tot, die werk 'n Man van beginsel: die lewe en nalatenskap van JC de Wet.

Gerhard Theron, hoof van die Departement Verloskunde en Ginekologie aan die US, is die ontvanger van die Albert Stratingsprys vir voorkomende geneeskunde.

Die Havengaprys vir lewenswetenskappe is vanjaar toegeken aan Terence Robinson, verbonde aan die Departement Plant- en Dierkunde, Universiteit Stellenbosch.

Marie-Lou Roux en Marena Manley gesels na afloop van die geleentheid.

Die pryswenners

Foto's © Naomi Bruwer

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top