Foto's: Bekendstelling van Die oorlog kom huis toe

  • 0

Die oorlog kom huis toe is op 29 Oktober 2013 by die Oude Libertas Teater op Stellenbosch bekendgestel. Radio-omroeper Johann Myburgh het met die redakteurs, Bill Nasson en Albert Grundlingh, gesels. Foto's deur Lavonne Bosman.

Bill Nasson en Albert Grundlingh

Eloise Wessels, HUB van Media24 Boeke, saam met Zandra en Gert Bezuidenhout. Zandra het van die hoofstukke van die boek in Afrikaans vertaal.

Johann Myburgh en Eloise Wessels

Eloise Wessels verwelkom die gaste.

Bill Nasson aan die woord.

Bill Nasson, Johann Myburgh en Albert Grundlingh

Albert Grundlingh aan die woord.

Boeke word geteken.

Bill Nasson en Lynita Crofford

Uitgewer Annie Olivier en Bill Nasson saam met Elizabeth van Heyningen, een van die bydraers tot Die oorlog kom huis toe.


Nog foto's van die geleentheid:


Oor die boek:

Die oorlog kom huis toe: Vroue en gesinne in die Anglo-Boereoorlog

Redakteurs: Albert Grundlingh , Bill Nasson

ISBN: 9780624058977

Koop Die oorlog kom huis toe by Kalahari.com

Die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog het baie lyding veroorsaak en duisende mense het daar gesterf. Maar moet die vroue en die kinders in die kampe slegs as slagoffers beskou word, of is daar ook ander stories wat oor hulle vertel kan word?

Die oorlog kom huis toe bied vars perspektiewe op ’n bekende verhaal. Dit ondersoek dit die sonderlinge krag van die Boerevroue en hul bydrae om Boerekrygers in die oorlog te ondersteun. Daar is ook ’n hoofstuk oor Nonnie de la Rey (vrou van genl Koos de la Rey) wat vir langer as twee jaar saam met haar ses kinders in die veld rondgeswerf het.

’n Hoofstuk oor die alledaagse lewe in die kampe toon aan hoe sommige kampe doeltreffender as ander bestuur is en hoe een van die grootste uitdagings vir sommige vroue was hulle nie dood te verveel nie. Om besig te bly, het talle jong Boeremeisies byvoorbeeld waardevolle opleiding as verpleegassistente gekry.

Nog ’n hoofstuk oor die botsende kulturele beskouings van Britse dokters en Boerevroue verduidelik waarom kampdokters begin het om Boerevroue se persoonlike higiëne en moederskapvaardighede te bevraagteken toe hulle niks kon doen om die honderde sterwende kinders te red nie.

Die boek bespreek ook die lyding in die swart kampe en fokus veral op swart kinders se ervarings. Soos in die wit kampe, was die meerderheid van die 20 000 sterftes in die swart kampe kinders.

In die jaar van die Vrouemonument in Bloemfontein se eeufeesviering, kyk Die oorlog kom huis toe laastens na hoe die betekenis van dié monument oor die afgelope dekades verander het.

Ook beskikbaar in Engels: The War at Home: Women and Families in the Anglo-Boer War.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top