Foto's: ATKV-Woordveertjies 2014

  • 0

Die ATKV-Woordveertjies is vanjaar vir die sewende keer op Vrydag 12 September by D’Aria in Durbanville aangebied. Elana Afrika-Bredenkamp en Rolanda Marais was die gasvroue vir die aand en het die pryse oorhandig.

Lindi Smit en Niël Rademan

Rudie van Rensburg

Susan en Etienne Bloemhof

Jacques Myburgh en Suzette Kotzé-Myburgh

Hendri Warricker en Madri Victor

Nicol Stassen, Nanette van Rooyen, Marlise Joubert en Louis Esterhuizen

Elias Nel

Albert Maritz en Ilza Roggeband

Rufus Gouws saam met Tertia en Willem Botha

Kristel Loots, Carolyn Meads en Helené Prinsloo

Steward van Wyk, Dorothea van Zyl, Wium van Zyl en Emmerentia van Wyk

Japie Gouws en Mercia Eksteen

Jan-Hendrik en Naomi Meyer saam met Carolyn Meads

Ronelda Kamfer en Seymour

Pedro Kruger agter die klawers

Marion Holm het voor die verrigtinge die gehoor vermaak.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2014.
In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en -illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR–1: Ewald van Rensburg se Bomani Meerkat is as wenner aangewys.

Voorleeskategorie: Graad RR–1: Die prys vir beste illustrasies is aan Tanya Joubert gegee vir Bomani Meerkat.

Jaco Jacobs is as wenner in die volgende kategorieë aangewys:
Selfleeskategorie: Graad 2–3: Professor Fungus en die skrikwekkende Snotzilla
Selfleeskategorie: Graad 4–5: Stalmaats: Rivierperde

Fanie Viljoen was die wenner van die prys vir die Selfleeskategorie: Graad 6–7 met Spring. Miemie du Plessis van LAPA-Uitgewers het die prys namens hom ontvang.

Selfleeskategorie: Graad 8–10: Eldridge Jason het die prys ontvang vir Gerook.

Die Woordwystoekenning vir Woordeboeke en Taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Leon de Stadler en Rufus Gouws, met die wenner: Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Deel XIV, S – SKOOI (2013), uitgegee deur die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Frikkie Lombard en Willem Botha het toekenning in ontvangs geneem.

Sarah Theron op die verhoog

Die kategorie Prys vir Liefdesromans se beoordelaars was Carina Hanekom, Leti Kleyn en Madri Victor, met die wenner: Driehoek deur Sophia Kapp.

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Sharon Becornie, Didi Potgieter en Kobie van Aswegen. Vanjaar se ATKV-Woordveertjie gaan aan: Te eenders, te anders deur Elsa Winckler.

Marion Holm dra 'n gedig uit Wilma Stockenström se bundel Hierdie mens voor.

Dean Bailie dra 'n gedig uit Nathan Trantraal se bundel Chokers en survivors voor.

Ronelda Marais dra 'n gedig uit Malene van Niekerk se bundel Kaar voor.

Die Prys vir Poësie is beoordeel deur Diana Ferrus, Danie Marais en Bernard Odendaal, met die wenner: Chokers en survivors deur Nathan Trantraal.

Die kategorie Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Jerome Fortuin en Thys Human, met die wenner: Kobra deur Deon Meyer. Etienne Bloemhof het die prys namens hom ontvang.

Dean Bailie en Ronelda Marais dramatiseer 'n uittreksel uit Charles J Fourie se Wond.

Elana Afrika-Bredenkamp en Dean Bailie dramatiseer 'n uittreksel uit Rachelle Greeff se Rondomskrik.

Pedro Kruger dramatiseer 'n uittreksel uit Albert Maritz se Dirk Ligter.

Die Prys vir Dramateks is beoordeel deur Saartjie Botha, Juanita Swanepoel en Wim Vorster, met die wenner: Rondomskrik deur Rachelle Greeff.

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan Reading for Life.

In ’n Bolandse gemeenskap geteister deur ongeletterdheid, gebrek aan tersiêre opleiding en talle tienerswangerskappe maak die Reading for Life-program ’n unieke verskil deur leesgeletterdheid en die gevegkuns te kombineer. Die Reading for Life-program versoen karate en boeke ten einde kinders aan te moedig om geletterde gemeenskapslede te word wat lief is vir lees en leer en met selfvertroue verantwoordelikheid vir hulle lewens neem.

Japie Gouws van die ATKV

Die beoordelaars vir die ATKV-Prosaprys was Willie Burger, Ilse Salzwedel en Riana Scheepers, met die wenner: ’n Man van min belang deur Chris Karsten. Janita Holtzhausen het die prys namens hom ontvang.

Sarah Theron en Pedro Kruger

Die wenners

Foto's © Naomi Bruwer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top