Foto’s AKA 2016: Zuid-Afrikahuis

  • 0

'n Poësiewerkswinkel het die Afrikaanse Kultuurfees Amsterdam die aand van 7 April 2016 by die Zuid-Afrikahuis ingelei. Die werkswinkel – aangebied deur Antjie Krog – het voornemende digters van Nederland en Suid-Afrika die kans gebied om hulle eie werk voor te dra en terugvoer van Krog en ander deelnemers te ontvang. Die deelnemers het ook, as 'n groep, saam twee gedigte geskep.

 

DSC_1037

Nederlanders én Suid-Afrikaners het die poësiewerkswinkel bygewoon. Van links (vier deelnemers het vriendelik versoek om anoniem te bly): Laura Lubbers, Anoniem, Ilse Roos Grawemaker, Randall Maarman, Liesbeth van der Heijden, Leonie Verburg van ZAM, Anoniem, Guido van den Berg (direkteur van die Zuid-Afrikahuis), Anoniem, Antjie Krog, Sansonette van Schalkwyk, Annemarie van Niekerk, Anneke Bosch en Anoniem.

malawi

Nederlander Joa Warndorff, wat in Malawi grootgeword het, lees uit eie werk voor.

antjie_kroig

Poësie as "herhaalde klank ... klank wat mense meesleur": Antjie Krog sluit die werkswinkel met ‘n voorlesing af.

AKA_16.16

Suid-Afrikaners Randall Maarman en Ilse Roos Grawemaker het die poësiewerkswinkel bygewoon.

DSC_2614

In 2016 het die Zuid-Afrikahuis na ’n lang tyd van opknapping en interne reorganisasie aan die Keizersgracht heropen. Klik hier vir foto’s van die openingsgeleentheid.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top