Foto: Rustenburg Leeskring bespreek Dan Sleigh se historiese roman 1795

  • 1

Tydens Rustenburg Leeskring se byeenkoms op Dinsdag 23 Oktober 2018 het Madelé Heymans Dan Sleigh se historiese roman 1795 bespreek. Onder leiding van die sprankelende mev Heymans, wat in Koster woon, het ’n lewendige bespreking plaasgevind wat almal geniet het. 

Op die foto is agter van links na regs: Theresa Lodewyckx, Alida Steyn, Elsie Baard, Sproetie van den Bergh, Bettina Terblanche en Laura van Vuuren.

Voor van links na regs: Micky Badenhorst, Madelé Heymans en Jani Snyman. Elize J Van Rensburg moes ongelukkig vroeg vertrek.

Die leeskring sluit hulle bedrywighede vir 2018 op 27 November af wanneer Jennifer Friedman se memoir Queen of the Free State bespreek word. Die byeenkoms vind plaas in die tuin van Hoër Tegniese Skool se koshuis te Pres Mbekirylaan. Meer besonderhede sal later bekendgemaak word.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top